Loading Events

Operas vertel dikwels van verraad, moord en liefde wat die karakters tot emosionele uiterstes dryf en die heldinne (en anti-heldinne) ly veral daaronder. Hulle is passievolle minnaresse, bereid om opofferings te maak en moor selfs wanneer nodig. Dié produksie stel ’n paar karakters met talle gesigte voor.

Die konsert word aangebied deur Niël Rademan met sangeresse Lauren Dasappa, Jolene Auret Kappis, Amanda Osorio, Janel Speelman, Jacobi de Villiers en Elna van der Merwe op klavier.

Share This Story, Choose Your Platform!