Loading Events

Ná meer as ’n dekade sedert hulle laaste optrede as duo, bied die Stellenbosse musici Hanneke Zwamborn (klavier) en Diederick Basson (orrel) ’n nuwe program van musiek vir klavier en orrel aan, wat musiek uit meer as drie eeue sal insluit.

Na gevorderde studies onder Jan Wijn aan die Sweelinck Konservatorium in Amsterdam het Hanneke Zwamborn teruggekeer na Suid-Afrika, as onderwyseres aan die Hoërskool Stellenbosch. Sy is ‘n vryskut begeleier en tree gereeld op in kamermusiekaanbiedings. Diederick Basson is Musiekdirekteur van die Somerset College in Somerset-Wes. Hy tree gereeld op as solis en begeleier, en doseer ook op deeltydse basis aan die Universiteit van Stellenbosch. Diederick is ook programaanbieder by Fine Music Radio.

Die uitvoering vind plaas op Sondag 12 Maart om 16h30 in die Endleraal.

Share This Story, Choose Your Platform!