Loading Events

Ná hul sukses by die Woordfees in 2017 keer die gevierde Tim Kliphuis-Trio van Nederland terug. Kliphuis, ’n klassiek geskoolde violis; die Dublinse kitaarspeler, Nigel Clark, en basspeler Roy Percy van Edinburg, het reeds groot sukses behaal met hul eiesoortige vermenging van jazz, sigeuner- en crossover-musiek, en volg in die voetspore van die vader van jazz-violiste, Stéphane Grappelli.

Die bekroonde violis Tim Kliphuis se reputasie as vernuftige en anderssoortige kunstenaar is reeds legendaries. In aanlening by ‘n Nederlandse sokkerterm, identifiseer die Tim Kliphuis Trio ‘n tegniek wat hulle ‘Total Music’ noem, waarby enige speler die rol van enige ander oorneem. Dienooreenkomstig kan enige solis te enigertyd leier of begeleier wees, en so ‘n unieke versmelting van die drie persoonlikhede bewerkstellig.

Die uitvoering vind plaas op Dinsdag 6 Maart om 20h00 in die Endlersaal. Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en R160 en R120 by die deur.

 

 

Share This Story, Choose Your Platform!