Tjello-uitvoering met Peter Martens en Megan-Geoffrey Prins
19 February 2022 @ 7:00 pm - 8:30 pm
| R100 – R140Hierdie konsert word opgedra aan wyle Peter Klatzow (oorlede Desember 2021), een van Suid-Afrika se mees gevierde toonkunstenaars. Die Tjellosonate is ‘n liriese werk, wat ‘n spesiale bydrae maak tot die plaaslike literatuur vir die tjello. Die program bevat ook ‘n tjellotranskripsie van Beethoven self, van sy Horingsonate, op. 17, wat vir die destydse bekende horingspeler Giovanni Punto geskryf is, en dus as ‘n sesde sonate vir die tjello beskou kan word.
Die slotwerk op die program is Brahms se tweede werk vir dié genre, ‘n vurige en passievolle werk, met heelwat van die komponis se tipiese melodiese liriek. Die hooftjellis van die Kaapstadse Filharmonie en direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, Peter Martens, het geen bekendstelling nodig nie, en tree op saam met die pryswennerpianis Megan-Geoffrey Prins. Prins is tans voltydse klavierdsent by die Universiteit van Pretoria. Sy naam verskyn op die lys van Stellenbosch se 100 toppresteerders wat tydens die Universiteit se eeufeesvierings saamgestel is.
Hou asseblief in gedagte dat alle lewendige uitvoerings slegs voorsiening maak vir ‘n maksimum van 150 luisteraars in die Endlersaal. Die Universiteit se veiligheidsprotokolle is ook hier van toepassing.
Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente, en skoliere) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur ‘n uur voor konsertanvang. Vir meer inligting kan met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.