TwoPianists
8 March 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R130Die Twee pianiste Luis Magalhães and Nina Schumann, beide professore aan die Universiteit van Stellenbosch, het waarskynlik geen bekendstelling by plaaslike gehore nodig nie. Die duo is in 2000 in die lewe geroep, en het uitgebreide buitelandse konsertreise na die VSA, Duitsland, Portugal, Oostenryk, Switserland en Japan onderneem, en wye byval gevind.
Die feit dat dit die Suid-Afrikaanse musiekwêreld ontbreek aan ‘n stabiele opnamekultuur vir die bekendstelling van die land se musiektalente het gelei tot Schumann en Magalhães se stigting van Two Pianists Records in 2008. Binne ‘n paar jaar het die onderneming ‘n ongekende mate van sukses behaal vir ‘n onafhanklike klassieke musiek-etiket aan die suidelike punt van Afrika.
Hierdie konsert het spesiale historiese betekenis: op 8 Maart om 20:00 herdenk die klavierpaar hulle eerste opname as duo – ‘n seleksie van die volledige klavierwerke van Rachmaninof.