Loading Events

Stellenbosch Universiteit se Kamerkoor, onder leiding van Martin Berger, het pas teruggekeer van die Internasionale Jeug- en Kinderkoorfees in in Hong Kong, waar hulle op spesiale uitnodiging tussen 17 en 22 Julie 2017 sal wees.

Die Kamerkoor is in 2014 gestig as ‘n geïntegreerde deel van die Musiekdepartement, en bestaan uit musiekstudente en meer ervare sangers, en streef na die hoogste ideale van vokale ensemble-voordrag.

Die eerste helfte van die program weerspieël ‘n vernuwende inhoud, met Suid-Afrikaanse koorkomposisies van komponiste soos Pieter Bezuidenhout, Kristi Boonzaaier en Xander Kritzinger, asook buitelandse werke van Eric Whitacre en Nils Lindberg. Die tweede helfte word gewy aan Michael Barrett se verwerkings van tradisionele Suid-Afrikaanse musiek, sowel as ‘n Suid-Afrikaanse keurspel. Die kooruitvoering vind plaas op Sondag 27 Augustus om 16h30 in die Endlersaal.

Kaartjies vir R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!