Loading Events

Immergroen hartsmusiek vir iedereen. Die Universiteit van Stellenbosch se Simfonieorkes onder leiding van sy vaste dirigent, Corvin Matei, voer warm romantiese musiek uit. Die openingswerk bring hulde aan Claude Debussy met die subtiele kleure van die simfoniese gedig, Prélude a l’ après-midi d’un faune (Voorspel tot die middagslapie van ’n bosgod). Die internasionaal bekende ghitaarsolis Morgan Szymanski volg dan met die immergewilde Concierto de Aranjuez deur Rodrigo. Die tweede helfte word gewy aan Brahms se laaste (vierde) Simfonie in e-mineur.

Share This Story, Choose Your Platform!