Loading Events

Ook die universiteitssimfonieorkes word hartlik terugverwelkom op die Endlerverhoog. Dié lewendige uitvoering vind plaas oop Vrydag 22 April en Saterdag 23 April om 8 nm in die Endlersaal, Stellenbosch.

As solis by dié geleentheid sal die Voorsitter van die departement, Prof Mario Nell optree in Poulenc se kleurvolle neo-Barok orrelkonsert. Due orkes sal gelei word deur die studentedirigent Albert de Jager. Ook op die program is Rimski-Korsakof se Spaanse volksdans-geïnspireerde Capriccio Espagnol en een van Dvořak se gewilde agste simfonie in G-majeur.

Jacobus de Jager is ‘n pianis/dirigent wat tans besig is met sy meestersgraadstudies in klavier bonder lieding van Nina Schumann en Luis Magalhães. Sy belangstelling in dirigering het in 2016 begin onder leiding van Corvin Matei, en hy het sy kennis sedert 2018  verder aangevul met  studies by Daniel Boico. In 2019 het hy ook drie weke in St. Petersburg (Rusland) deurgebring met intensiewe werkswinkels by Alexander Polishchuk.

Mario Nelll is wyd en syd bekend as een van Suid-Afrika se voorste musici en orreldosente. Hy is onlangs bevorder tot professor by die konservatorium. Hy het sy voorgraadse studies aan die Universiteite van Port Elizabeth en Stellenboschvoltooi, en sy meestersgraad aan die Universiteit van Kaapstad, gevolg deur doktorale studies aan die plaaslike universiteit. Hierbenewens het hy ook studies uitgebrei aan die Staatliche Hochschule für Musik in Freiburg (Duitsland), en sy Nachdiplom aan die Kunste-universiteit  in Zürichh, waar hy meer gefokus het op hhistoriese uitvoeringspraktyk. Sedert 1999 het hy voordragte in Duitsland, Switserland, Frankryk, Nederland, Tsjeggië, Italië, Engeland en Suid-Korea.

Hou asseblief in gedagte by alle lewendige aanbiedings daar ‘n beperking van 100 luisteraars in die saal is, en dat alle veiligheidsprotokolle van die Universiteit streng nagevolg word.

Kaartjies teen R140 (gewoon) en R100 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur ‘n uur voor aanvang. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!