Loading Events

As deel van die Endler Konsertreeks op Vrydag 13 Mei om 7nm. sal die Universiteit se Simfoniese Blaasensemble die openingskonsert van die WindWorx Fanfare aanbied.

Die WindWorx Fanfare is ‘n jaarlikse gebeurtenis, wat die volgede dag, Saterdag 14 Mei by die Durbanville Hoërskool voortgesit word, waar die ongeveer 14 ensembles voor die beoordelaars deur  die loop  van die dag sal optree.

Tydens die Endler-program sal die ensemble van Durbanville Hoërskool en die WindWorx– ensemble respektiewelik onder die leiding van Suretha Theron en Sean Kierman optree.  Die konsert sal afgeluit word met die Universiteit se Simfoniese Ensemble, gelei deur Riaan van Wyk, Pamela Kierman en studentedirigent Jaylin Cupido.

Werke op die program sluit in Sjostakowitsj se Feesouverture, die Illiriese Danse van Woolfenden, die Arabesk van Hazo, die Variasies op ‘n Koreaanse volksliedjie (Chance) en ‘n Simfoniese Suite van die klankbaan van Star Trek (Giacchino, evrw. Bocook).

Hou asseblief in gedagte dat vir alle lewendige uitvoerings die huidige beperkings van 50% ruimte in die Endlersaal sal geld, asook alle veiligheidsmaatreëls soos neergelê deur die Universiteit.

Kaartjies teen R100 (gewoon) en R60 (pensioenarisse, studente en skoliere) is tans bekikbaar by Computicket en by die deur een uur voor konsertaanvang. Vir meer inligting skakel Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!