US Hout- en koperblasers- en Perkussie-ensembles
30 June 2021 @ 3:00 pm - 4:30 pm
| FreeTen spyte van die COVID-19-aanslag op ons almal, is die Universiteit se Musiekdepartement vasberade om steeds aan ons studente die beste opleidings- en uitvoeringsgeleenthede te gee. Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese houtblaasensemble is vir dié doel in kleiner groepe verdeel, as houtblaas-, koperblaas- en slagwerk-ensembles.
Hierdie groepe sal ‘n konsert van werke vir sulke kleiner ensembles aanbied, insluitende ensembles van trombone, en ‘n verkleinde simfoniese blaas-ensemble.
Die koperblaasgroep sal gelei word deur Pamela Kierman, Reghardt Kühn en studenteleiers Tyler Gibbons en Jaylin Cupido, wat werke van Clarke, Bach en ander werke uit die repertorium, soos aangepas vir ‘n koperblaasgroep deur William Gibbons. Die tromboon-ensemble, gelei deur die tromboon-dosent Nick Green, sal sulke aangepaste werke van Mahler en Saint-Saëns voordra, en die slagwerkgroep sal die Trio for Uno van Zivkovic speel. Bridget Rennie-Salonen lei die houtblasersgroep met ouvertures van Rossini en Mozart, asook ‘n werk van Debussy. Die gekombineerde ensemble, onder die baton van respektiewelik Kühn en Kierman speel Hazo se Ride end Stamp se Bandancing. ‘n Hoogtepunt op die program is Scott Watson se musikale weergawe van Aesopus se Fabels, wat ‘n musiekale voorstelling is van verhale wat toegeskryf word aan hierdie antieke skrywer. Die vier dele is gebaseer op bekende vertellings soos Die haas en die skilpad, Die seun wat Wolf-Wolf geroep het, Die hond en die been, en Die Wolf en sy skaduwee, voorstellings wat veral aanklank sal vind by jonger konsertgangers. Hierdie musikale voorstellings sal toegelig word deur die “verteller”, Stellenbosch alumnus Nathan Lewis.
Die konsert word opgedra aan die vorige dirigent van die Simfonies ensemble (1991-1998), Mervyn Solomon wat ons ontva het op verlede Maandagoggend, as gevolg van Covid-verwante komplikasies. Solomon het die blaasensemble by drie geleenthede op uiters suksesvolle toere na Engeland en Skotland geneem, in 1993, 1995 en 1997.