US Hout- en koperblasers- en Perkussie-ensembles
2 October 2021 @ 3:00 pm - 4:30 pm
| FreeTen spyte van die COVID-19-aanslag op ons almal, is die Universiteit se Musiekdepartement vasberade om steeds aan ons studente die beste opleidings- en uitvoeringsgeleenthede te gee. Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese houtblaasensemble is vir dié doel in kleiner groepe verdeel, as houtblaas-, koperblaas- en slagwerk-ensembles. Hierdie groepe sal ‘n konsert van werke vir sulke kleiner ensembles aanbied, en ‘n verkleinde simfoniese blaas-ensemble.
Die Universiteit van Stellenbosch se houtblaas-, koperblaas- en slagwerkstudente sowel bied ‘n program van korter ensemblewerke aan. Die koperblasers – gelei deur ‘n medestudent Tyler Gibbons – speel Gershwin se gewilde Summer Time uit die opera Porgy and Bess. Op haar beurt is Bridget Rennie-Salonen die dirigent van die houtblasers, met Rossini se Ouverture tot die Barbier van Seville, soos verwerk deur Adam Boll. Die gekombineerde ensembles – on die leiding van Pamela Kierman en Reghardt Kühn – hanteer etlike werke uit die repertorium vir simfoniese blasers, met soliste Tshepo Mosarwe, Drew Burton, Adrian Martin, David Cyster, Nathan Huysamen en Carin Donson.
Die konsert word opgedra aan die vorige dirigent van die Simfonies ensemble (1991-1998), Mervyn Solomon wat ons ontva het op verlede Maandagoggend, as gevolg van Covid-verwante komplikasies. Solomon het die blaasensemble by drie geleenthede op uiters suksesvolle toere na Engeland en Skotland geneem, in 1993, 1995 en 1997.