US Jazz Band
23 October 2021 @ 3:00 pm - 4:30 pm
| R80 – R100Die Universiteit van Stellenbosch se Jazz Band is hier op die voorgrond, onder die leiding van Felicia Lesch.
Felicia is ‘n toegewyde ondersteuner van die idee om musiek as werktuig vir sosiale verandering te gebruik, en het die jazz-orkes gestig as een van die ensembles van die departement se Sertifikaatprogram – die voorbereiding van voorgraadse studie aan die departement. Dit is deur hierdie program dat die breë gemeenskap toegerus word met musikale geletterdheid en instrumentale vaardigheid op ‘n vlak wat toelating tot die BMus- of Diploma-program sal verseker.
Hou asseblief in gedagte dat die huidige beperkings vir lewendige konserte slegs 100 persone in die Endlersaal toelaat. Alle veiligheidbepalings van die Universiteit sal streng nagekom word ter beskerming van ons studente, personeel en patronate.
Die konsert vind plaas op Saterdag 23 Oktober om 3 nm. Kaartjies teen R100 (gewoon) en R80 (pensioenarisse en studente) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur een uur voor konsertaanvang. Kredietkaartfasiliteite en SnapScan-betalings is beskikbaar. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.