Loading Events

 

Die Universiteit van Stellenbosch se Jazz Band het reeds ‘n wye reputasie by gehore opgebou met hulle energieke programme, waarvan die mees onlangse een met kunstenaars soos Judith Sephuma, Gloria Bosman en Timothy Moloi tydens die 2017 Woordfees-konsert by Spier.

Op Vrydag, 12 Mei om 20h00, tree hulle op in die Endlersaal op Stellenbosch, as deel van die Endler Konsertreeks. Studentesangers sal te hore wees in vertroude gunstelinge soos Straighten up and fly right, Mack the Knife, en Smoke gets in your eyes. Die program A South African Celebration” is terselfdertyd ‘n fees van Suid-Afrikaanse Jazz, met komposisies en verwerkings van Mike Campbell en Darryl Andrews. Die band sal ook hulle eie weergawes van items soos Snoektown, Bra Ben, en Sugar Shake opdis. Liefhebbers van Swing sal items soos Count Bubba verwelkom.

Die deelnemende kunstenaars is sangers Blain Josephs, Phillip Jordaan, Alex Baven, Kelsey Le Roux en Raefella Migliore, tesame met ‘n perkussie-talent soos Unity Mzi van Kaapstad.  Die ensemble staan onder die leiding van Felicia Lesch.

Share This Story, Choose Your Platform!