Loading Events

Die Endler Konsertreeks – in samewerking et die Universiteit se Kantoor vir Transformasie en die Vroueforum – bied ‘n spesiale Vrouedag-vieringskonsert aan op Dinsdag 8 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch.

Deur middel van jazz, visuele kuns en poësie, word die verhale en die viering van van vroue byeengebring. Die Stellenbosch Universiteit se Jazz Band vorm die middelpunt hiervan, onder die leiding van Felicia Lesch, die jazz-persoonlikheid Gloria Bosman en jazz- sanger/digter Mihi-Tuwi Matshingana.

Die aand word spesifiek opgedra aan Charlotte Mannya Maxeke – die eerste swart Suid-Afrikaanse vrou wat tersiêre opvoeding ondergaan het en in 1901 in die VSA gegradueer het. Haar mantra ”As jy jouself ophef, doen jy dit ook aan ieand anders” is ‘n vermaning wat ernstig opgeneem word deur die kunstenaars Felicia Lesch, Gloria Bosman en Mihi-Tuwi Matshingana. Felicia is geesdriftig oor musiek as ‘n werktuig vir sosiale verandering, en was verantwoordelik vir die ontstaan van die Jazz Band as een van die ensembles van die Musiekdepartement se Sertifikaatprogram. Dié program is die departement se voorbereidende program, wat begin is om lede van die breë gemeenskap toe te rus met musikale lees- en speelvaardighede op ‘n vlak wat toegang tot ‘n Bmus- of Diploma-program sal verleen.

Die Suid-Afrikaanse skrywer-joernalis Zubeida Jaffer se derde boekpublikasie ”Beauty of the heart” is hulde aan Charlotte Maxeke, wat betekenisvolle nuwe data oor haar lewe aan die lig bring, en sal ook in die foyer te koop aangebied word. Ook in die foyer is ‘n uitstalling van studente van die Departement Visuele Kunste.

Die Jazz Band is bekend vir hulle vermoëns om gehore te beïndruk met hulle lewendige en energieke spel.

Kaartjies kos R80 (gewoon) en R60 (pensioenarisse), en R30 (studente en skoliere) en is tans beskikbaar by Computicket en by die deur een uur voor aanvang. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!