Loading Events

Die Universiteit Stellenbosch Kamerkoor is in 2014 deur Dr Martin Berger gestig, en vanjaar is die koor se 10de bestaansjaar. Die USKK gaan werke van ‘n verskeidenheid van komponiste uitvoer, oud en nuut sowel as plaaslik en uit die buiteland, waaronder Os Justi (Anton Bruckner), Loof die Here (Pieter van der Westhuizen), Gebed aan die Nuwe Maan (Hendrik Hofmeyr), ‘n Paternoster vir Suid-Afrika (Antoni Schonken), asook Song en Arirang (Kim Shin). ’n Verskeidenheid verwerkings van tradisionele Afrika-liedere sal ook uitgevoer word onder leiding van Lunathi Ncamani. Kom geniet ‘n viering van eenheid deur beeldskone musiek – beide tydloos en relevant vir ons tyd. Onder leiding van Lunathi Ncamani & Martin Berger.

Share This Story, Choose Your Platform!