Loading Events

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van die oudste en bekendste kore in Suid-Afrika en bestaan uit studente vanuit verskillende akademiese en kulturele agtergronde – iets wat bydra tot die verkwiklike energie wat hul optredes kenmerk. Die koor is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom het verskeie koorleiers die koor gevestig as ’n invloedryke Suid-Afrikaanse koor. Onder leiding van dirigent André van der Merwe het die koor wêreldwye byval gevind by die Wêreldkoorspele in China (2010), Cincinnati (2012), Letland (2014) en onlangs in Julie 2016 weer met die louere weggestap by die Wêreldkoorspele in Sochi, Rusland. Die koor is tans eerste op die Interkultur Wêreldranglys van die top 1 000 internasionale kore.

Kom beleef hierdie dinamiese groep studente onder die besondere leiding van André van der Merwe op 9 en 10 Maart om 13h15 in die Endlersaal.

Share This Story, Choose Your Platform!