Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks bied u met trots die Stellenbosch Universiteitskoor op Saterdag 11 Mei om 20h00 en Sondag 12 Mei om 16h30 en 19h30 in die Endlersaal.  Die koor sal ook by hierdie geleentheid hulle onlangs opname-album (met die titel Heaven’s Flock) bekendstel.

Die Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in die land, en word saamgestel uit studente met ‘n verskeidenheid akademiese en kulturele agtergrond, wat aan hulle voordragte ‘n opwindende  energie verleen. Onder die leiding van André van der Merwe het die koor wêreldwyd agting en bewondering afgedwing ydens hulle optredes by geleenthede soos  die Wêreld-koorspele in China (2010), Cincinnati (2012, asook Litoue (2014), waartydens hulle gepresteer het met die hoogste puntetoekenning ooit, nl. van 99%. Meer onlangs tydens die Koorspele in Sochi (Rusland, 2016), het die koor weer eens al drie kategorieë gewen het, met ‘n totaal van 96%. Die koor beklee tans die eerste plek in die Interkultur-ranglys van die belangrikste 1000 kore wêreldwyd.

Die program bestaan ook uit ‘n opwindende groep werke wat in enige gehoor se smaak sal val.

Nkosi Sikelela iAfrika verwerk deur André van der Merwe

Ecce Vicit Leo – Peter Philips

Angele Dei – Susan LaBarr

Give me Hunger – Jake Runestad

Give me Jesus verwerk deur Richard Allain

Snow Dance for the Dead – Séan Doherty

After the Storm Mumford & Sons verwerk deur Tom Anderson

Epitaphium – Roberto Brisotto 

Peter, go ring dem bells, verwerk deur Roderick Williams

Benggong – Ken Steven

I won’t give up – Jason Mraz verwerk deur Tom Anderson

Voshaarnooi – Louis van Rensburg verwerk deur André van der Merwe                                              

The Rainmaker – Hans Zimmer verwerk deur André van der Merwe

Vir meer inligting skakel met Ulrike Vorndran, woord@sun.ac.za

Share This Story, Choose Your Platform!