Loading Events

Die Endler Konsertreeks bied u met trots die Stellenbosch Universiteitskoor op Saterdag 5 Oktober om 20h00 en Sondag 6 Oktober om 16h30 in die Endlersaal.  Die koor sal ook by hierdie geleentheid hulle onlangs opname-album (met die titel Heaven’s Flock) verkoop.

Die Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in die land, en word saamgestel uit studente met ‘n verskeidenheid akademiese en kulturele agtergrond, wat aan hulle voordragte ‘n opwindende  energie verleen. Onder die leiding van André van der Merwe het die koor wêreldwyd agting en bewondering afgedwing ydens hulle optredes by geleenthede soos  die Wêreld-koorspele in China (2010), Cincinnati (2012, asook Litoue (2014), waartydens hulle gepresteer het met die hoogste puntetoekenning ooit, nl. van 99%. Meer onlangs tydens die Koorspele in Sochi (Rusland, 2016), het die koor weer eens al drie kategorieë gewen het, met ‘n totaal van 96%. Die koor beklee tans die eerste plek in die Interkultur-ranglys van die belangrikste 1000 kore wêreldwyd.

Vir meer inligting skakel met Ulrike Vorndran, woord@sun.ac.za of bel 021 886 5036.

Share This Story, Choose Your Platform!