US Nasionale Ensemble-kompetisie: Finaal
24 September 2022 @ 9:30 am - 5:30 pm
| FreeAs deel van die Endler Konsertreeks word die finale ronde van die Universiteit se Nasionale Ensemble-kompetisie as konsert aangebied. Die kompetisie is oop vir alle gemeenskaps-, skool- en universiteitsensembles. Daar is twee kategorieë: Skoolkategorie (12-18 jaar) en Ope kategorie (19-27 jaar).
Die kompetisie se doelwit is die daarstelling van kompetisiegeleenthede vir skoliere en studente, in plaas van ‘n uitsluitlike fokus op solo-voordrag, en dus jonger kunstenaars te ontwikkel deur samewerkende deelname. Die kompetisie het betrekking op ensembles met ‘n wye omvang van musiekgenres, insluitende klassiek, jazz en tradisionele Afrika-musiek.
Die finale ronde vind plaas op Saterdag 24 September (Nasionale Erfenisdag) in die Endlersaal in Stellenbosch: die Skolekategorie tussen 9h30 en 12h30. Finaliste sluit in: Hugo Lambrechts Senior Slagwerkensemble; Daniël en Chi-Chi, Fluit en klavierduo; La Rochelle Con Spirito; Musiquelaine – Steenberg Hoërskool-Ensemble; en Outeniqua Hoërskool Jazz Band.
Die Ope Kategory-finale: tussen 13h30 en 17h30. Finaliste sluit in: Joubert & Porter Klavierduo; Coastal Brass Collective; Musae String Quartet; die Kirby-Strykkwartet; Klassieke gitaar-en-fluit- duo; en SU Jazz-trio.
Die uitvoerings sal deur ‘n paneel van ervare en gerespekteerde professionele musici beoordeel word. Pryswenners in beide kategorieë vir Klassieke en Jazz-ensembles sal aan die einde van elke konsert aangekondig word. Toegang tot die finale ronde van die kompetisie is GRATIS, maar u word versoek om om besprekings by Webtickets te doen. Vir meer inligting kontak Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.