Loading Events

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble (USSBE) bied me trots ‘n konsert wat deel vorm van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 15 September 2017 om 20h00. Die parade- en gemeenskapsblaasorkes is ‘n bekende musiekaktiwiteit in die Weskaap, en die Suid-Afrikaanse nalatenskap van die veldorkes het miskien meer as enige ander medium die geleentheid geskep om ‘n verskeidenheid van amateur- en professionele musikante te betrek.

Die aand se program begin met James Swearingen se hupse ouverture Chesford Potrait. Ander werke sluit in Vivaldi se Concerto vir twee trompette, met Chico Munoz (piccolo trompet) en Lara Havenga (D-trompet), die rondo uit Binge se Concerto vir alt-saxofoon, met Josie McClure as solis, en die gewilde Rhapsody in Blue (Gershwin), met Carmen van Renssen as pianis. Die uitvoering sluit met Sinatra in Concert, ‘n keurspel van bekende liedjies wat met Frank Sinatra geassosieer word, waar onder New York, New York, It Was A Very Good Year, The Lady Is A Tramp en My Way. Die USSBE staan onder die leiding van Reghardt Kühn, Pamela Kıerman en Riaan van Wyk.

Die USSBE al die aand deel met Felicia Lesch se  US Jazzorkes, wat onder haar leiding optree.

Kaartjies is beskikbaar teen R50 (gewoon) en R30 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!