US Stryk-ensemble
16 October 2021 @ 7:00 pm - 8:30 pm
| R40 – R60Ten spyte van COVID-19 is die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch vasberade om ons studente die beste opleidings- en uitvoeringsgeleenthede te gee. Dienooreenkomstig is die US Simfonieorkes verdeel in kleiner groepe: strykers-, houtblaas-, koperblaas- en slagwerk-ensembles, ten einde ‘n groter mate van veiligheid en sosiale afstand op die verhoog te verseker.
Die Universiteit se Strykensemble, gelei deur Jacobus de Jager bied ‘n uitsoekprogram van bekende en gewilde werke vir strykers, soos Rossini se Sonate vir strykers, Samuel Barber se aangrypende Adagio vir strykers, Sibelius se Andante Festivo en die jeugdige Mendelssohn se Strykersimfonie no. 10.
Hou asseblief in gedagte dat die huidige beperkings vir lewendige konserte slegs 100 persone in die Endlersaal toelaat. Alle veiligheidbepalings van die Universiteit sal streng nagekom word ter beskerming van ons studente, personeel en patronate.
Die konsert vind plaas op Satedag 16 Oktober om 7 nm. Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse en studente) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur een uur voor konsertaanvang. Kredietkaartfasiliteite en SnapScan-betalings is beskikbaar. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.