US Strykensemble
23 April 2021 @ 7:00 pm - 8:00 pm
| R40 – R60Ten spyte van COVID-19 is die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch vasberade om ons studente die beste opleidings- en uitvoeringsgeleenthede te gee. Dienooreenkomstig is die US Simfonieorkes verdeel in kleiner groepe: strykers-, houtblaas-, koperblaas- en slagwerk-ensembles, ten einde ‘n groter mate van veiligheid en sosiale afstand op die verhoog te verseker. Die eerste van hierdie ensembles om in hierdie semester in die Endler Konsertreeks op te tree is die US Strykensemble, gelei deur Jacobus de Jager.
Die opningswerk is Mozart se Divertimento in D-majeur (KV 136) – ‘n jeugwerk wat om en by die komponis se 16de verjaardag ontstaan het. Die Divertimento is ‘n kommerlose en energieke werk, wat ook ‘n liriese stadige deel bevat. Ook op die program is die Azerbaidjanse komponis Kara Karajef (en leerling van Sjostakowitsj) se Drie Miniature. Karajef se eiesoortige klanklandskap sluit ook elemente van Azerbaijanse volksmusiek in. Die drie miniature – Aysha, Dans en Wiegelied is afkomstig uit die komponis se balletwerke Die sewe Skoonhede en In the Pad van Donder – laasgenoemde is ‘n verwysing na die verbod op verhoudings oor rassegrense gedurende die apartheidsjare in Suid-Afrika. Die slotwerk is plaaslike komponis Hans Roosenschoon se Opklarende Wolke. Dié werk word deur Barrie Hudson van die Evening Express geëien as die uitdrukking van die jong Suid-Afrkaanse demokrasie “… op ‘n manier wat geen politieke toespraak ooit sou kon nie…” In the huidige konteks van die wêreldwye pandemiese wolk is hierdie miskien die mees gepaste musiek vir die verskyning van die lig aan die einde van die Covid-tonnel.
Hou asseblief in gedagte dat die huidige beperkings vir lewendige konserte slegs 100 persone in die Endlersaal toelaat. Alle veiligheidbepalings van die Universiteit sal streng nagekom word ter beskerming van ons studente, personeel en patronate.
Die konsert vind plaas op Vrydag 23 April om 7 nm. Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (pensioenarisse en studente) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur een uur voor konsertaanvang. Kredietkaartfasiliteite en SnapScan-betalings is beskikbaar. LW Geen kontantbetalings nie! Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.