Loading Events
  • This event has passed.

Die Universiteit van Stellenbosch se simfoniese blaasensemble (USSWE) se gereelde Band Extravaganza is op Vrydag 3 Mei om 20h00 weer eens aan die orde as deel van die Endler Konsertreeks. Die Extravaganza word jaarliks deur die Universiteitsorkes aangebied, in samewerking met sy gemeenskapsvennote, vir ‘n aand met musiekverskeidenheid.

Die parade- en gemeenskapsorkes – ‘n bekende aktiwiteit in die Wes-Kaap – en die Suid-Afrikaanse erfenis van die veldorkes het miskien meer as enige ander medium, daarin geslaag om die wye verskeidenheid van amateur- en professionele musici binnne een ervaring te verenig.

Deelnemende orkeste van Kaaptad is die gekombineerde orkeste van die Wynberg Seuns- en Meisieskole, en die SACS Hoërskoolorkes – onder die leiding van die oud-Matie Peter Catzavelos, en Levi Alexander, tans ‘n MMus-student aan die Universiteit. Die Noordelike voorstede word verteenwoordig deur die Bellville Hoërskool-Blaasensemble (onder die leiding van Riaan van Wyk), en Musica Perpetua, die gekombineerde orkeste van die Hoërskole Paul Roos en Bloemhof, gelei deur Leon Piron. Die Stellenbosch Universiteit se Simfoniese Blaasorkes sal staan onder die leiding van Pamela Kierman en Reghardt Kühn. Kühn was onlangs ‘n finalis in die Len van Zyl Dirigeringskompetisie. Die studentedirigent Kim Heynes, is tans ‘n student van Prof. Emeritus Corvin Matei. Ingeslote werke op die program is onder meer Sjostakowitsj se Feesouverture, Hazose Arabesque, en Whitacre se Ghost Train.

Kaartjies teen R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket, en ook by die deur. Vir meer inligting skakel met Brent Reynolds by brent@sun.ac.za of 021 808 2343.

Share This Story, Choose Your Platform!