Loading Events

Die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) keer op Woensdag, 20 Maart terug na die Endlersaal, met ‘n dinamiese program onder leiding van gasdirigent Chad Hendricks, wat in 2023 as Musiekdirekteur en Dirigent van die Kaapstadse Filharmoniese Jeugorkes aangestel is en, in 2024, die rol van Inwonende Dirigent van die KwaZulu-Natalse Filharmoniese Orkes oorgeneem het. Die konsert bevat Rossini se Barber van Seville-ouverture, Mozart se Klavierkonsert Nr. 23 met die bekroonde pianis Pieter Grobler as solis, en Mendelssohn se Simfonie Nr. 4 “Italian”. Moenie hierdie opwindende vertoonvenster van jeugdige talent en uitnemendheid misloop nie!

Share This Story, Choose Your Platform!