Loading Events

Wes-Kaapse liefhebbers van orkesmusiek sal Vrydag 6 September om 19:00 in die Endlersaal, Stellenbosch, die internasionaal bekroonde kontrabasspeler en dirigent, Leon Bosch, op die podium in Stellenbosch kan ervaar.

Maestro Bosch sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) dirigeer tydens hul tweede simfoniekonsert van 2024.

Die program bestaan​​uit Glinka se sprankelende Ruslan en Ludmilla-ouverture, gevolg deur WA Mozart se Sinfonia Concertante vir Viool en Altviool (tjelloverwerking deur Peter Martens), met soliste Suzanne Martens (viool) en Peter Martens (tjello). Tchaikovsky se Orkessuite No.4 (Mozartiana) sal die program voltooi.

Share This Story, Choose Your Platform!