USSO Hans Roosenschoon Viering Galakonsert
30 September 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Endler Konsertreeks stel graag bekend ‘n uitvoering deur die Universiteit van Stellenbosch se simfonieorkes, onder leiding van Corvin Matei, op Saterdag 30 September om 20h00 in die Endlersaal.
Die konsert is ‘n huldiging van die Suid-Afrikaanse komponis Hans Roosenschoon, met ‘n uitvoering van sy Vier Gebede, met as solis die mezzo-sopraan Jolene Aret Kappis. Ook op die program is Brahms se Variasies op ‘n tema van Haydn. Na pouse volg die ewe gewilde derde simfonie van Brahms.
Orkesmusiek vorm die grootste deel van Roosenschoon se werk, dikwels as opdragwerke van vooraanstaande plaaslike instansies. Afgesien van plaaslike uitvoerings, is sy werke ook internasionaal uitgevoer en uitgesaai. Hierdie uitvoering is die eerste van Vier Gebede (op gedigte van N.P van Wyk Louw), ‘n werk wat reeds in 2004 voltooi is. Die solis is tans besig met ‘n dissertasie gewy aan Roosenschoon se vokale musiek.
Hans Roosenschoon was voorsitter van die Musiekdepartment in die tydperk 1998-2006. Sedertdien het hy hom toegelê op die instelling van kursusse in komposisie en prkestrasie aan die departement. In 2008 het hy ook die instelling van komposisie as spesialisasie op voor- en nagraadse vlak geïnisieer. Dit geld tans as een va die voorste kursusse van dié aard in die land. Roosenschoon tree ook vanjaar uit na ‘n ruim loopbaan aan die Universiteit. Hy het ook belangrike bydraes op die kulturele terrein gemaak, soos uitsaaier en musiekprodusent. In die hoedanigheid van kunste-beplanner het hy betekenisvolle bydraes gemaak vir die bevordering van Suid-Afrikaanse kunsmusiek, en beoordelaar van nasionale musiekkompetisies. Hy was ook vir 15 jaar direksielid van die Suid-Afrikaanse Musiekregte-organisasie.
Kaartjies is beskikbaar teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.