Gebroke lewens: Musiek van die Holocaust
16 September 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140As deel van ‘n driejaar-projek van die Navorsingsraad vir Kunste en Lettere lewer pianis Pieter Grobler, saam met mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce en sopraan Lauren Dasappa ‘n uitvoering van liedere van die Auschwitz-slagoffer Viktor Ullmann. Die projek behels navorsing van argiefmateriaal by die Leeds Universiteit, en wat betrekking het op die werk van Joodse slagoffers tydens die tweede wêreldoorlog.
Viktor Ullmann was ‘n student van Arnold Schoenberg, en ‘n lid van Alexander Zemlinski se Neudeutsches Theater. As komponis, pianis en musiekresensent het Ullmann belangrike bydraes gelewer tot sowel die Duitse as die Tsjeggiese kultuur van sy tyd. Die Ullmann-familie is in 1842 met geweld verskuif na die Theresienstadt-ghetto, waar hy sy komposisiewerk voortgesit het tot en met sy deportasie na Auschwitz in October 1944.
Die konsert begin met komposisies van die 12jarige Josima Feldschuh, ‘n musikale wonderkind van Warskou, wat as 15jarige op soortgelyke wyse aan haar einde gekom het as Ullmann. Ullmann se musiek kan volgens alle standaarde gesien word as die werk van ‘n vaardige en talentvolle komponis. Sy werke is gewoonlik opgedra aan sy vrou, en dit is deur die lyding van hierdie gebroke lewens dat die konsert opgedra word aan die liefde.
Die konsert vind plaas op Saterdag 16 September om 20h00 in die Fismersaal, Stellenbosch.
Kaartjies is beskikbaar teen R140 (gewoon) en R100 (studente en pensioenarisse) is nou beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.