Loading Events

Die bekende plaaslike orrelis Winand Grundling se bydrae is ‘n gevarieerde program wat geïnspireer is deur Sebastian Bach se destydse wandeling van 400 kilometer – vanaf Arnstadt na Lübeck – ten einde die destyds beroemde orrelis Dietrich Buxtehude te kon hoor. Winand is het sy opleiding (BMus Hons cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch ontvang en is die orrelis van die NG-gemeente Stellenbosch-Welgelegen. Die program sluit werke in van Bach, Buxtehude, Hakim en Guilmant.

Share This Story, Choose Your Platform!