Zanta Hofmeyr (viool) & Elna van der Merwe (klavier)
10 February 2017 @ 8:00 pm - 10:00 pm
| R100 – R140Die Suid-Afrikaanse violis Zanta Hofmeyr het opleiding aan die prestigeryke Juilliard musiekskool ontvang. Saam met pianis Elna van der Merwe wy hulle ‘n aand aan Franse vioolsonates, nl. dié van Debussy, Poulenc en Saint-Saëns. By dieselfde geleentheid word ook die cd-opname met hierdie werke – wat vooraf in die Endlersaal opgeneem is – bekendgestel. Die Franse stukke het hulle bekendheid te danke aan die styl en koloristiese moontlikhede van die twee instrumente. Die lewens van die komponiste strek oor die tydperk 1835 tot 1963, sodat die stylbenaderings bydra tot ‘n wye klankwêreld, wat beantwoord aan sleutelbegrippe soos romantiek, impressionisme en post-impressionisme. Die Hofmeyr-Van der Merwe-duo het reeds landwyd louere ingeoes vir hulle voordragte van hierdie musiek, en hulle uitvoering moet nie misgeloop word nie.