2026-02-05T00:00:00+02:00
  • Schubert’s DIE SCHÖNE MÜLLERIN

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Beleef die tydlose skoonheid van Schubert se Die schöne Müllerin in ’n intieme resitaal in Stellenbosch se Endlersaal. Die bekende tenoor Thomas Erlank en die bekroonde pianis Tinus Botha bring hierdie geliefde liedsiklus tot lewe met emosionele diepte en liriese nuanses. Reis saam deur die meulenaar se verhaal van liefde, verlange en hartseer, soos vertel [...]

    from R130
  • A SONGMAKER’s JOURNEY

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Reis om die wêreld met liedere uit Duitsland, Italië, Frankryk, Noord- en Suid-Amerika en Suid-Afrika. Sopraan Marie Vassiliou is Professor in Sang aan die Royal Academy of Music en die Guildhall in Londen. Sy het ’n bedrywige internasionale loopbaan, beide op die operaverhoog en as resitalis. Marie word bygestaan deur Nicolene Gibbons, wat na dertig [...]

    from R130
  • UNIVERSITEITSKOOR STELLENBOSCH UNIVERSITY CHOIR

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    conducted by | onder leiding van André van der Merwe Die US Koor keer in 2025 terug vir hul tweede verskyning in die Endlerkonsertreeks en bring weer eens hul kenmerkende energie en kunstenaarskap na die verhoog. As een van Suid-Afrika se oudste en mees gevierde kore het hulle onlangs hul indrukwekkende lys prestasies uitgebrei deur [...]

    from R180
  • UCT / US Klavieruitruil Invitation to the Dance

    Fismer Hall | Fismersaal Stellenbosch, South Africa

    In hul jaarlikse Klavieruitruilprogram bou die Klavierafdeling van die Universiteit Stellenbosch en dié van die Universiteit van Kaapstad se South African College of Music voort op ’n dekadeslange tradisie van samewerking en gedeelde verhoogoptredes in ’n gevarieerde program. Na die gewilde Clazz-tema van 2024 (’n samesmelting van jazz en klassiek), kan gehore vanjaar uitsien na [...]

    from R50
  • SU VOCAL DIVISION / OPERA UCT EXCHANGE A Celebration of South African Art Song

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Opera UCT span kragte saam met die Universiteit Stellenbosch Sangafdeling vir hul vyfde jaarlikse samewerkingsprojek. Ná die sukses van vorige produksies soos Die Winterreise, Le poète disait, Great Lieder Composers and their Operas, en Canciones Españolas, verken en vier hulle vanjaar die ryk diversiteit van die Suid-Afrikaanse kunslied in al sy verskeidenheid van tale, style [...]

    from R70
  • USSO Jeug Concerto-fees

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Die jaarlikse Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) Jeug-Concerto­fees bied studente die kosbare geleentheid om as solis met orkesbegeleiding op te tree. Vanjaar se soliste sluit in: Amber Abrahams (fluit), Kyrah Adams (marimba), Erin Beck (mezzosopraan), James Cilliers (altsaksofoon), Ricardo Hiniker (harp), Chanda Lupambo (klavier), Catherine Stiff (viool), sowel as ’n vokale kwartet bestaande uit Christiaan Bell [...]

    from R70
  • Met Apologie: Ter Nagedagtenis aan Roelof Temmingh (1946 – 2012)

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Sluit by ons aan vir ’n aand van luisteraarvriendelike musiek, gekomponeer deur die wyle Roelof Temmingh. Die werke sal uitgevoer word deur bekende Suid-Afrikaanse kunstenaars Anmari van der Westhuizen, Liesl Stoltz, Minette du Toit-Pearce, Johanna Roos, Winand Grundling, Marina Pienaar, Roelof Temmingh Jnr (seun van Roelof Temmingh) en Liezl-Maret Jacobs. R70 - 170

    from R70
  • Filippo Gorini: Sonata for 7 Cities

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Die 30-jarige Italiaanse pianis Filippo Gorini, beskryf as “’n erfgenaam van Pollini” (Corriere della Sera) en geloof vir sy “dapper, oorspronklike spel” (The Guardian), is vir vyf weke in Stellenbosch vir uitvoerings en uitreik as deel van sy filantropiese projek, Sonata for 7 Cities. Met ’n poëtiese program wat strek van ’n nuutgeskepte werk tot [...]

    from R70
  • W.A Mozart’s Coronation Mass

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Sluit aan by Schola Cantorum vir 'n stralende aand van koormusiek, gesentreer rondom Wolfgang Amadeus Mozart se majestueuse Kroningsmis in C majeur. Hierdie helder program bevat ook Mozart se elegante Kerksonate KV329 en Johann Sebastian Bach se uitbundige motet Lobe den Herrn, alle Heiden. Onder leiding van deur Martin Berger, bring hierdie konsert stemme en [...]

    from R120
  • Bridges of Sound: China meets South Africa

    Endler Victoria St & Neethling St, Stellenbosch Central, Stellenbosch, South Africa

    Die Chinese klarinetspeler Junnan Sun keer terug na sy aangenome vaderland, Suid-Afrika, vir 'n konsertoer saam met pianis José Dias. Gedurende sy vormingsjare in SA het Junnan eerste pryse in verskeie musiekkompetisies gewen, soos die UNISA-oorsese beurskompetisies en die ATKV Muziq-kompetisie, en het hy dieselfde gedoen by gesogte internasionale kompetisies soos die Stockholm Internasionale Musiekkompetisie [...]

    from R70
Go to Top