SYMPHONIC BRIDGES
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaAn International Youth Orchestra Performance Gaan op 'n onvergelykbare musikale reis saam met dirigent Alexander Walker, wat die talente van die Stellenbosch Jeugorkes en Weskus Jeugorkes, sowel as besoekende jong musikante uit Engeland, die VSA en Australië lei. Hulle span saam om 'n kulturele tapisserie van simfoniese meesterstukke te weef, wat Afrika-ritmes met klassieke klanke vermeng. Een van [...]
UK / US KLAVIER-UITRUIL
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaNa die sukses van die afgelope twee-en-twintig jaar, span die Universiteit Stellenbosch Klavierafdeling weer kragte saam met dié van die Universiteit van Kaapstad se South African College of Music vir hul jaarlikseKlavier-uitruilkonsert. Die 2024-program bevat werke wat jazz en klassieke style vermeng, in 'n samesmelting wat deur die SA komponis, en klassieke- en jazzpianis Surendran Reddy, as sy unieke komposisiestyl [...]
iiNceba zoMdali ANGILELANGA
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaNa 'n optrede as deel van Constellations by Spier in 2022, het die regisseur Brett Bailey van Third World Bunfight Ncebakazi Mnukwana genooi om saam met 'n ensemble by die Spier Harvest Festival 2023 op te tree. Mnukwana het die uitsonderlike musikant en verwerker, Lungiswa Plaatjies van Langa, Kaapstad, genader om die ensemble iiNceba zoMdali te stig. Kim Masala, 'n marimba- en perkussiespeler, en [...]
PARANOID ANDROID
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaReis saam met Pierrot se Twilight Ensemble na 'n wêreld van vars perspektiewe wat die gaping tussen klassieke en kontemporêre genres oorbrug, en wat 'n psigedeliese ouditiewe avontuur beloof. Die program sluit in Schoenberg se Pierrot Lunaire, die ikoniese toonsetting vir kamer-ensemble van Albert Giraud se 21 gedigte oor Pierrot, die maansiek nar, verlore in 'n surrealistiese landskap [...]
US Sangafdeling OPERA GALA
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Universiteit Stellenbosch Sangafdeling bied weer hierdie jaar hul gewilde “Opera Gala” aan op 30 Augustus. Die program sluit bekende arias en ensembles uit geliefde operas soos Bizet se Carmen, Le Nozze di Figaro en Don Giovanni van Mozart, asook La Bohème van Puccini in. Kore uit operas soos Verdi se Nabucco, I Pagliacci van Leoncavallo en Die Zauberflöte van Mozart word ook uitgevoer, om die indrukwekkende stemme van die afdeling se jong sangers ten [...]
#ACTION4INCLUSION PALISSANDER-KONSERT met Palissander Kamerkoor
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaSluit by ons aan vir 'n spesiale musiekkonsert deur die Palissander-koor ter ondersteuning van #Action4Inclusion, gelei deur gewaardeerde advokaat en maatskaplike geregtigheid-kampioen, prof Thuli Madonsela. Die #Action4Inclusion skarebefondsingsinisiatief is 'n sleutelkomponent van die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds, en 'n topprioriteit vir die US. Dit is 'n deurslaggewende stap om studenteskuld te beëindig en studente [...]
USSO onder leiding van Leon Bosch
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaWes-Kaapse liefhebbers van orkesmusiek sal Vrydag 6 September om 19:00 in die Endlersaal, Stellenbosch, die internasionaal bekroonde kontrabasspeler en dirigent, Leon Bosch, op die podium in Stellenbosch kan ervaar. Maestro Bosch sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) dirigeer tydens hul tweede simfoniekonsert van 2024. Die program bestaanuit Glinka se sprankelende Ruslan en Ludmilla-ouverture, gevolg deur WA [...]
SYMPOSIUM OF SOUTH AFRICAN COMPOSERS
SU | US Konservatorium Stellenbosch, South AfricaDie 2de jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) vind plaas van 9-13 September by die US Konservatorium in Stellenbosch. Hierdie unieke geleentheid bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars, en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor 'n wye verskeidenheid van genres te deel en te vier. Dit is tans die enigste gebeurtenis van sy soort in die land, en [...]
HER FLUTE SPACE (SoSAC)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaHer Flute Space vertoon vier komposisies vir fluit(e) deur kontemporêre vrouekomponiste Lize Briel, Elizabeth Brown, Clare Loveday en veteraan-baanbreker komponis, Thea Musgrave. Hierdie fluitwerke verken akoestiese klank wat deur verskeie ruimtes beweeg. Die program spoor ’n mens aan om akoestiek as ’n argitektoniese “boog” (Brown), die konsertsaal as ’n duetmaat (Briel), die Onderwêreld as klankkapsule [...]
HUBERT VAN DER SPUY NASIONALE MUSIEK KOMPETISIE GALA KONSERT (FINALE RONDTE)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie jaarlikse Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie, nou in sy 35ste bestaansjaar, het ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die SA musiekkalender vir die jongste uitskieters geword. Die kompetisie is die breinkind van professor Hubert van der Spuy, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Tygerberg-tak), en ‘n legendariese SA musiekopvoeder. Die US [...]