Trio Classique
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaTrio Classique is gestig in 2016 deur drie ervare kamermusici wat welbekend is in Suid-Afrikaners en elders. Hulle het onlangs opgetree by die Casa Labia (Muizenberg) en die Etienne Rousseau-teater (Sasolburg). Hul Woordfees-program sluit in Bruch se 8 Stukke vir clarinet, altviool en klavier, Alfred Uhl se Kleines Konzert en Mozart se Kegelstatt Trio.
Folk Baroque
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaCamerata Tinta Barocca bied aan ‘n opwindende program van Barokmusiek geinspireer deur en gebaseer op folk-liedere en danse. Die program, uitgevoer op periode-insturmente, sluit in Barsanti se verwerkings van Skotse wysies, Geminiani se trio sonatas gebaseer op Skotse folk-liedere, Scarlatti se sonatas beinvloed deur Spaanse folk musiek, vroeg 17de eeuse Italiaanse danse en ‘n treuerlied [...]
US Camerata vereer Bennie van Eeden
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaAan die einde van ‘n lang en vrugbare loopbaan as onderwyser, solis en kamermusikus tree Bennie van Eeden op saam met die US Camerata. Die program is gewy aan die werk van Mozart, en sluit in die Serenata Notturna, KV 239, die gewilde klavierkonsert KV 271, die Simfonie no. 29, KV 201, en, saam met Lourens [...]
TwoPianists
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie internasionaal gevierde klavierduo, Nina Schumann en Luis Magalhães, keer terug na die Woordfees 2018. Hulle is klavierdosente by die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch en het bekendheid verwerf onder 2Pianists Records, hul plate-etiket. Hulle het altyd gehore in vervoering met hul skitterende virtuositeit en deurleefde musisering. Die program sluit werke in van Mozart, Debussy, Mendelssohn [...]
Blondes: Rach & Rav
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Blondes is ‘n unieke klavierduo wat sedert 2006 ewe gemaklik treffers van die groot klassieke meesters as dié van popmusiek-legendes verwerk tot tweeklavier-keurspele. Hul nuwe produksie debuteer op vanjaar se Woordfees en die inhoud draai dié keer om die letter R. In die Rachmaninof-keurspel hoor ons fragmente van die mooiste melodieë uit sy geliefde [...]
Sulayman Human speel Liszt
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaLank lewe Liszt! Sulayman Human, die jong Suid-Afrikaanse pianis en ATKV-wenner, speel gewilde komposisies uit Franz Liszt se klaviersuites Anneés de pèlerinage (Pelgrimsjare): Au bord d’une source (By die fontein) en Italie (Italië) sowel as sonnette 47, 104 en 123, en die sonate in B-mineur, S.178. Laasgenoemde werk word dikwels beskryf as die hoogtepunt in sy klavier-oeuvre.
Elijah
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaMet: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]
Chiaroscuro
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaKragtige kontrase skep onvergeetlike oomblikke. Een van die mees tipiese kenmerke van die Barokkuns is die gebruik van sterk kontras tussen lig en skadu om ‘n drie-dimensionele gevoel van volume te skep. Hierdie program van komposisies uit die 16de en 17de eeue wys hoe die emosionele ervaring van musiek selfs meer intens gemaak kan word [...]
African Explorations
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaIn 2011 het Liesl Stoltz begin met ’n post-doktorale projek om Suid-Afrikaanse kunsmusiekkomponiste en veral hul fluitkomposisies te bevorder. Dit het gelei tot talle uitvoerings en slypskole met werke deur Stefans Grové, Hendrik Hofmeyr, Alexander Johnson, Peter Klatzow, Paul Hanmer, Paul Loeb van Zuilenberg, Roelof Temmingh en Braam du Toit, veral by die Internasionale Fluitfees [...]
Elijah
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaMet: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]