Blondes: Rach & Rav
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Blondes is ‘n unieke klavierduo wat sedert 2006 ewe gemaklik treffers van die groot klassieke meesters as dié van popmusiek-legendes verwerk tot tweeklavier-keurspele. Hul nuwe produksie debuteer op vanjaar se Woordfees en die inhoud draai dié keer om die letter R. In die Rachmaninof-keurspel hoor ons fragmente van die mooiste melodieë uit sy geliefde [...]
Sulayman Human speel Liszt
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaLank lewe Liszt! Sulayman Human, die jong Suid-Afrikaanse pianis en ATKV-wenner, speel gewilde komposisies uit Franz Liszt se klaviersuites Anneés de pèlerinage (Pelgrimsjare): Au bord d’une source (By die fontein) en Italie (Italië) sowel as sonnette 47, 104 en 123, en die sonate in B-mineur, S.178. Laasgenoemde werk word dikwels beskryf as die hoogtepunt in sy klavier-oeuvre.
Elijah
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaMet: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]
Chiaroscuro
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaKragtige kontrase skep onvergeetlike oomblikke. Een van die mees tipiese kenmerke van die Barokkuns is die gebruik van sterk kontras tussen lig en skadu om ‘n drie-dimensionele gevoel van volume te skep. Hierdie program van komposisies uit die 16de en 17de eeue wys hoe die emosionele ervaring van musiek selfs meer intens gemaak kan word [...]
African Explorations
kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaIn 2011 het Liesl Stoltz begin met ’n post-doktorale projek om Suid-Afrikaanse kunsmusiekkomponiste en veral hul fluitkomposisies te bevorder. Dit het gelei tot talle uitvoerings en slypskole met werke deur Stefans Grové, Hendrik Hofmeyr, Alexander Johnson, Peter Klatzow, Paul Hanmer, Paul Loeb van Zuilenberg, Roelof Temmingh en Braam du Toit, veral by die Internasionale Fluitfees [...]
Elijah
kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaMet: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]
Mozart se Requiem
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks bied u graag Mozart se beroemde Requiem-mis aan op Saterdag 24 Maart om 20h00 en Sondag 25 Maart om 16h30, beide in die Endlersaal, Stellenbosch. Hierdie tydlose werk word uitgevoer deur die Canticum Novum, saam met die Universiteit van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO) onder die leiding van Louis van der Watt, met [...]

Samba, Salsa en Spice
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaAs deel van die Endler Konsertreeks tree drie Konservatorium-alumni op in ‘n trioprogram getiteld Samba, Salsa and Spice. Die musici – David Bester (viool), Myles Roberts (fluit) en Sulayman Human (klavier) – se uitvoering vind plaas op Sondag 8 April om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Die program is ‘n verkenning van die swoele klanke [...]