Die Soldaat se Storie

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Met: Niël Rademan (verteller), Visser Liebenberg (klarinet), Misha Melck (klavier) en Ané van Staden (viool) Musiekinstrumente is die karakters in dié vertelling propvol humor en drama. L’Histoire du Soldat (Die soldaat se verhaal) is ’n musikale verhoogstuk deur Igor Strawinski en vertel die verhaal van ’n soldaat wat sy viool aan die duiwel verkwansel in [...]

R110 – R130

Amici Strykkwartet en Morgan Szymanski

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Wees deel van ‘n regstreekse CD-opname wanneer die Amici Strykkwartet en kitaarspeler Morgan Szymanski musiek uit Mexico speel. Szymanski, wat internasionaal gereken word as een van die voorste klassieke kitaarspelers van sy generasie, is gebore in Mexico-stad in 1979. Hy het begin kitaar speel toe hy maar ses jaar oud was en studeer later by [...]

R110 – R130

Tim Kliphuis Jazz Trio

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Ná hul sukses by die Woordfees in 2017 keer die gevierde Tim Kliphuis-Trio van Nederland terug. Kliphuis, ’n klassiek geskoolde violis; die Dublinse kitaarspeler, Nigel Clark, en basspeler Roy Percy van Edinburg, het reeds groot sukses behaal met hul eiesoortige vermenging van jazz, sigeuner- en crossover-musiek, en volg in die voetspore van die vader van [...]

R100 – R160

Die Winterreise

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Met: Robert Brooks (tenoor) en Gisela de Villiers (klavier) Aanbieder: Nic de Jager Die winterreise-liederesiklus met musiek deur Franz Schubert en na gedigte van Wilhelm Müller beeld ’n man se pad deur ’n fisieke en psigologiese landskap van sneeu, ys en koue uit. Sy stryd om rus te vind en sy geestestoestand word uitgebeeld in [...]

R110 – R130

Cello meets Dance

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

‘n Unieke ontmoeting van dans en musiek. Besoekende Oostenrykse tjellis Erich Oskar Huetter sluit aan by Suid-Afrikaanse tjellis Peter Martens, danser Tanja Schmid en lede van die I Grandi Violoncelisti in ‘n program wat bestaan uit solo tjello-werke, kamermusiek en kontemporêre dans. Huetter is bekend as solis in Europa en is lid van die Weense [...]

R100 – R160

Trio Classique

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Trio Classique is gestig in 2016 deur drie ervare kamermusici wat welbekend is in Suid-Afrikaners en elders. Hulle het onlangs opgetree by die Casa Labia (Muizenberg) en die Etienne Rousseau-teater (Sasolburg). Hul Woordfees-program sluit in Bruch se 8 Stukke vir clarinet, altviool en klavier, Alfred Uhl se Kleines Konzert en Mozart se Kegelstatt Trio.

R110 – R130

Folk Baroque

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Camerata Tinta Barocca bied aan ‘n opwindende program van Barokmusiek geinspireer deur en gebaseer op folk-liedere en danse. Die program, uitgevoer op periode-insturmente, sluit in Barsanti se verwerkings van Skotse wysies, Geminiani se trio sonatas gebaseer op Skotse folk-liedere, Scarlatti se sonatas beinvloed deur Spaanse folk musiek, vroeg 17de eeuse Italiaanse danse en ‘n treuerlied [...]

R100 – R160

US Camerata vereer Bennie van Eeden

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Aan die einde van ‘n lang en vrugbare loopbaan as onderwyser, solis en kamermusikus tree Bennie van Eeden op saam met die US Camerata. Die program is gewy aan die werk van Mozart, en sluit in die Serenata Notturna, KV 239, die gewilde klavierkonsert KV 271, die Simfonie no. 29, KV 201, en, saam met Lourens [...]

R100 – R140

TwoPianists

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die internasionaal gevierde klavierduo, Nina Schumann en Luis Magalhães, keer terug na die Woordfees 2018. Hulle is klavierdosente by die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch en het bekendheid verwerf onder 2Pianists Records, hul plate-etiket. Hulle het altyd gehore in vervoering met hul skitterende virtuositeit en deurleefde musisering. Die program sluit werke in van Mozart, Debussy, Mendelssohn [...]

R100 – R160

Blondes: Rach & Rav

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Blondes is ‘n unieke klavierduo wat sedert 2006 ewe gemaklik treffers van die groot klassieke meesters as dié van popmusiek-legendes verwerk tot tweeklavier-keurspele. Hul nuwe produksie debuteer op vanjaar se Woordfees en die inhoud draai dié keer om die letter R. In die Rachmaninof-keurspel hoor ons fragmente van die mooiste melodieë uit sy geliefde [...]

R100 – R160