Folk Baroque

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Camerata Tinta Barocca bied aan ‘n opwindende program van Barokmusiek geinspireer deur en gebaseer op folk-liedere en danse. Die program, uitgevoer op periode-insturmente, sluit in Barsanti se verwerkings van Skotse wysies, Geminiani se trio sonatas gebaseer op Skotse folk-liedere, Scarlatti se sonatas beinvloed deur Spaanse folk musiek, vroeg 17de eeuse Italiaanse danse en ‘n treuerlied [...]

R100 – R160

US Camerata vereer Bennie van Eeden

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Aan die einde van ‘n lang en vrugbare loopbaan as onderwyser, solis en kamermusikus tree Bennie van Eeden op saam met die US Camerata. Die program is gewy aan die werk van Mozart, en sluit in die Serenata Notturna, KV 239, die gewilde klavierkonsert KV 271, die Simfonie no. 29, KV 201, en, saam met Lourens [...]

R100 – R140

TwoPianists

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die internasionaal gevierde klavierduo, Nina Schumann en Luis Magalhães, keer terug na die Woordfees 2018. Hulle is klavierdosente by die Musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch en het bekendheid verwerf onder 2Pianists Records, hul plate-etiket. Hulle het altyd gehore in vervoering met hul skitterende virtuositeit en deurleefde musisering. Die program sluit werke in van Mozart, Debussy, Mendelssohn [...]

R100 – R160

Blondes: Rach & Rav

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Blondes is ‘n unieke klavierduo wat sedert 2006 ewe gemaklik treffers van die groot klassieke meesters as dié van popmusiek-legendes verwerk tot tweeklavier-keurspele. Hul nuwe produksie debuteer op vanjaar se Woordfees en die inhoud draai dié keer om die letter R. In die Rachmaninof-keurspel hoor ons fragmente van die mooiste melodieë uit sy geliefde [...]

R100 – R160

Sulayman Human speel Liszt

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Lank lewe Liszt! Sulayman Human, die jong Suid-Afrikaanse pianis en ATKV-wenner, speel gewilde komposisies uit Franz Liszt se klaviersuites Anneés de pèlerinage (Pelgrimsjare): Au bord d’une source (By die fontein) en Italie (Italië) sowel as sonnette 47, 104 en 123, en die sonate in B-mineur, S.178. Laasgenoemde werk word dikwels beskryf as die hoogtepunt in sy klavier-oeuvre.

R110 – R130

Elijah

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Met: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]

R100 – R160

Chiaroscuro

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Kragtige kontrase skep onvergeetlike oomblikke. Een van die mees tipiese kenmerke van die Barokkuns is die gebruik van sterk kontras tussen lig en skadu om ‘n drie-dimensionele gevoel van volume te skep. Hierdie program van komposisies uit die 16de en 17de eeue wys hoe die emosionele ervaring van musiek selfs meer intens gemaak kan word [...]

R110 – R130

African Explorations

kykNET Fismer cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

In 2011 het Liesl Stoltz begin met ’n post-doktorale projek om Suid-Afrikaanse kunsmusiekkomponiste en veral hul fluitkomposisies te bevorder. Dit het gelei tot talle uitvoerings en slypskole met werke deur Stefans Grové, Hendrik Hofmeyr, Alexander Johnson, Peter Klatzow, Paul Hanmer, Paul Loeb van Zuilenberg, Roelof Temmingh en Braam du Toit, veral by die Internasionale Fluitfees [...]

R110 – R130

Elijah

kykNET Endler cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Met: Libertaskoor en die Kaapse Filharmoniese Orkes o.l.v. Johann de Villiers Soliste: Magdalene Minnaar (sopraan), Minette du Toit-Pearce (mezzosopraan), Given Nkosi (tenoor) en Conroy Scott (bariton) Elijah, Mendelssohn se oratorium, se kernmateriaal is een van die aangrypendste temas in die geskiedenis van religieuse koormusiek en is saam met Händel se Messias waarskynlik dié gewildste oratorium. [...]

R100 – R160

Mozart se Requiem

Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South Africa

Die Endler Konsertreeks bied u graag Mozart se beroemde Requiem-mis aan op Saterdag 24 Maart om 20h00 en Sondag 25 Maart om 16h30, beide in die Endlersaal, Stellenbosch. Hierdie tydlose werk word uitgevoer deur die Canticum Novum, saam met die Universiteit van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO) onder die leiding van Louis van der Watt, met [...]

R100 – R140