Opera Kaleidoskoop 2

Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western Cape

Léhar se geliefde operette, Die lustige Witwe (Die vrolike Weduwee) word vir jou plesier aangebied deur studente van die Stellenbosch Universiteit se Sangafdeling . Gustelinge soos die Vilja-lied en die duet Lippen schweigen verkry nuwe lewe deur die stemme van talentvolle sangers, afgerig en gelei deur Minette du Toit-Pearce. Vertonings vind plaas op Vrydag 21 [...]

R80 – R120

Gustavo Romero (klavier)

Die Endler Konsertreeks is die gasheer vir die gevierde pianis  Gustavo Romero op Sondag, 6 Augustus om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Hy is bekend vir sy dubbele gawe vir sowel tegniese glans as sy vertolkingsvermoëns. Sy diepgaande studie van individuele komponiste is ‘n bonus. Hy is ‘n gebore Kaliforniër van San Diego, en met ‘n [...]

R100 – R140

US Jazzorkes

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Endler Konsertreeks – in samewerking et die Universiteit se Kantoor vir Transformasie en die Vroueforum – bied ‘n spesiale Vrouedag-vieringskonsert aan op Dinsdag 8 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Deur middel van jazz, visuele kuns en poësie, word die verhale en die viering van van vroue byeengebring. Die Stellenbosch Universiteit se Jazz [...]

R30 – R80

Jeugkonsertfees

Die Endler Konsertreeks vier die Jeugkonsertfees op Saterdag 19 Augustus om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Jong suksesvolle soliste sal optree saam met die Universiteit se Simfonieorkes onder die leidng van Prof. Corvin Matei. Die Fees vind elke twee jaar plaas, as ‘n springplank vir afgeronde klassieke instrumentaliste en sangers, en ‘n geleentheid om saam met [...]

R100 – R140

Fidelio Trio

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Fidelio Trio se optrede in die Endlersaal vorm deel van die Endler Konsertreeks se Prestige-reeks. Dit vind plaas op Saterdag 26 Augustus om 20h00. The Fidelio Trio se repertorium strek besonder wyd. Dié Londense trio bestaan uit die Ierse musici Darragh Morgan (viool), Mary Dullea (klavier) en Adi Tal (tjello). Hierdie kandidate vir die [...]

R100 – R140

Universiteit Stellenbosch Kamerkoor

Stellenbosch Universiteit se Kamerkoor, onder leiding van Martin Berger, het pas teruggekeer van die Internasionale Jeug- en Kinderkoorfees in in Hong Kong, waar hulle op spesiale uitnodiging tussen 17 en 22 Julie 2017 sal wees. Die Kamerkoor is in 2014 gestig as ‘n geïntegreerde deel van die Musiekdepartement, en bestaan uit musiekstudente en meer ervare [...]

R100 – R140

Rudolph de Vos (orrel)

Die 2017 SAKOV Nasionale Beurskompetisie en orrelwerkswinkel vind vanjaar in Stellenbosch plaas. Die geleentheid begin met ‘n solo-uitvoering deur die internasionaal bekende orrelis Rudolph de Vos in die Endlersaal op Vrydag 1 September  om 20h00. Die Suid-Afrikaans-gebore De Vos het reeds in Suid-Afrika, Europa en die Verenigde State opgetree. Hy is ‘n NG Kerk-pastorieseun, en [...]

R100 – R140

US Simfoniese Blaasorkes

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble (USSBE) bied me trots ‘n konsert wat deel vorm van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 15 September 2017 om 20h00. Die parade- en gemeenskapsblaasorkes is ‘n bekende musiekaktiwiteit in die Weskaap, en die Suid-Afrikaanse nalatenskap van die veldorkes het miskien meer as enige ander medium die geleentheid geskep [...]

R30 – R50

Gebroke lewens: Musiek van die Holocaust

Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western Cape

As deel van ‘n driejaar-projek van die Navorsingsraad vir Kunste en Lettere lewer pianis Pieter Grobler, saam met mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce en sopraan  Lauren Dasappa ‘n uitvoering van liedere van die Auschwitz-slagoffer Viktor Ullmann. Die projek behels navorsing van argiefmateriaal by die Leeds Universiteit, en wat betrekking het op die werk van Joodse slagoffers [...]

R100 – R140

Gottlieb Wallish (klavier) & Jeremy Joseph (orrel)

Die Suid-Afrikaanse orrelis Jeremy Joseph, besoek Stellenbosch saam met pianis Gottlieb Wallish, vir ‘n uitvoering van werke vir orrel en klavier, van J.S. Bach, Franck, Langlais, Dupré en Flor Peeters. Gottlieb Wallish is ‘n pryswenner van etlike internasionale klavierkompetisies, waar onder die eerste prys en die Grand Prix by die Strawinski Internasionale Klavierkompetisie. Hy was [...]

R100 – R140