Rudolph de Vos (orrel)
Die 2017 SAKOV Nasionale Beurskompetisie en orrelwerkswinkel vind vanjaar in Stellenbosch plaas. Die geleentheid begin met ‘n solo-uitvoering deur die internasionaal bekende orrelis Rudolph de Vos in die Endlersaal op Vrydag 1 September om 20h00. Die Suid-Afrikaans-gebore De Vos het reeds in Suid-Afrika, Europa en die Verenigde State opgetree. Hy is ‘n NG Kerk-pastorieseun, en [...]
US Simfoniese Blaasorkes
Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble (USSBE) bied me trots ‘n konsert wat deel vorm van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 15 September 2017 om 20h00. Die parade- en gemeenskapsblaasorkes is ‘n bekende musiekaktiwiteit in die Weskaap, en die Suid-Afrikaanse nalatenskap van die veldorkes het miskien meer as enige ander medium die geleentheid geskep [...]
Gebroke lewens: Musiek van die Holocaust
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeAs deel van ‘n driejaar-projek van die Navorsingsraad vir Kunste en Lettere lewer pianis Pieter Grobler, saam met mezzo-sopraan Minette du Toit-Pearce en sopraan Lauren Dasappa ‘n uitvoering van liedere van die Auschwitz-slagoffer Viktor Ullmann. Die projek behels navorsing van argiefmateriaal by die Leeds Universiteit, en wat betrekking het op die werk van Joodse slagoffers [...]
Gottlieb Wallish (klavier) & Jeremy Joseph (orrel)
Die Suid-Afrikaanse orrelis Jeremy Joseph, besoek Stellenbosch saam met pianis Gottlieb Wallish, vir ‘n uitvoering van werke vir orrel en klavier, van J.S. Bach, Franck, Langlais, Dupré en Flor Peeters. Gottlieb Wallish is ‘n pryswenner van etlike internasionale klavierkompetisies, waar onder die eerste prys en die Grand Prix by die Strawinski Internasionale Klavierkompetisie. Hy was [...]
USSO Hans Roosenschoon Viering Galakonsert
Die Endler Konsertreeks stel graag bekend ‘n uitvoering deur die Universiteit van Stellenbosch se simfonieorkes, onder leiding van Corvin Matei, op Saterdag 30 September om 20h00 in die Endlersaal. Die konsert is ‘n huldiging van die Suid-Afrikaanse komponis Hans Roosenschoon, met ‘n uitvoering van sy Vier Gebede, met as solis die mezzo-sopraan Jolene Aret Kappis. [...]
Bach se “Kersfeesoratorium”
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Endler Konsertreeks kondig graag aan ‘n uitvoering van J. S. Bach se Kersfeesoratorium (Weihnachts-Oratorium, BWV 248) op Sondag 8 Oktober 2017 om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch. Die musiekdirekteur Martin Berger sal aan die leiding staan van die Stellenbosch Universiteit se Camerata, met die Schola Cantorum, en ‘n vokale kwartet as soliste. Die uitvoering [...]
KOMPOS
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks, in samewerking met KOMPOS bied ‘n fees van nuwe orkesmusiek deur jong Stellenbosse omponiste. Soos die naam van die organisasie (Kompos) mag suggereer, streef KOMPOS na die vestiging en uitbouing van ‘n stimulerende omgewing vir komposisie-studente van die Unversiteit se Musiekdepartement. Die projek, wat in 2010 deur Antoni Schonken, Arthur Feder en [...]
Odeion Musiekskool Camerata
Endlersaal hoek van Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Weskaap, South AfricaDie Endler Konsertreeks kondig graag aan ‘n uitvoering deur die Camerata van die Odeion Musiekskool (OMC) van die Universiteit van die Vrystaat, op Saterdag 21 Oktober om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Die Camerata is gestig in 2012 as die Odeion Musiekskool se vlagskip-kamerorkes, as beeld van uitnemendheid van die instansie. Sedert die stigting is [...]
Zuill Bailey en Bryan Wallick
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaTjellis Zuill Bailey en pianis Bryan Wallick sal op Vrydag 27 Oktober om 20h00 onder die vaandel van die Endler Konsertreeks in die Endlersaal, Stellenbosch optree. Zuill Bailey, wat wêreldwyd as een van die belangrikste jonger tjelliste geag word, is ‘n Grammy-wenner, en bekend as solis, musiekdirekteur en onderwyser. Sy kuns is ‘n rare kombinasie [...]
Jose Dias Klavieruitvoering
As deel van die Endler Konsertreeks sal pianis José Dias ‘n program wy aan die genre van klavierballades. Dit vind plaas op Saterdag, 4 November om 20:00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Hierdie is ‘ unieke program om die luisteraar bekend te stel aan uitsonderlike “vertellende” musiek, in die vorm van klavierballades van Brahms, Grieg, Fauré, [...]