SAXIT!

Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western Cape

  SAXIT is ‘n gemaklike groep saxofoonmusikante, met Joel Benjamin (sopraan/altsaxofoon), Jade de Waal (alt), Simon Bates (tenoor) en Gareth Harvey (bariton). Vir hierdie uitvoering word ‘n ruim repertoire-verskeidenheid voorsien: vanaf wakkermaak tot melancholie en feestelik. Werke sluit van hulle eie komposisies in, maar ook dié van Charlie Parker en van bekende plaaslike jazz-fundi soos [...]

R100 – R130

Metamorfose

Op Donderdag 9 Maart om 20h00 in die Endlersaal lewer die Universitiet van Stellenbosch se Camerata onder leiding van Leon Bosch ‘n uitvoering van Mozart se Klavierkonsert K414 en Richard Strauss se Metamorphosen vir 23 solostrykers. Die Camerata is a dinamiese kamerorkes wat bestaan uit dosente en studente van die Musiekdepartement, met Suzanne Martens as [...]

R100 – R130

Lank, lank gelede

Stellenbosch City Hall

Die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blaasensemble met trots ‘n konsert vir die hele gesin op Donderdag 9 Maart om 20h30, in Stellenbosch Stadsaal. Die konsert dra die titel “Lank, lank gelede”(of “Once upon a time…” (Duits: Es war einmal…; Vlaams: Er was eens…), wat ook die titel is van die hoofwerk van die aand, [...]

R100 – R130

US Koor

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Stellenbosch Universiteitskoor is een van die oudste en bekendste kore in Suid-Afrika en bestaan uit studente vanuit verskillende akademiese en kulturele agtergronde – iets wat bydra tot die verkwiklike energie wat hul optredes kenmerk. Die koor is in 1936 deur William Morris gestig. Ná hom het verskeie koorleiers die koor gevestig as ’n invloedryke [...]

R60

Spieëlbeeld

Spieëlbeeld/Mirror Image is ‘n ondersoek na die rol van filmmusiek, deur die wisselwerking tussen beeld en klank, meer spesifiek vanuit die die oogpunt van musiek wat die beeld dien, en omgekeerd beeld as aanvulling van die musiek. Hierdie oënskynlik teenstellende rolle word aangebied in die vorm van twee kortfilms: Foto, waarin die musiek funksioneer as [...]

R100 – R130

Baroqueswing Vol.2

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

In opvolging van hulle sukses tydens die Woordfees van 2015, keer die Charl du Plessis Trio vanjaar terug na die Endlersaal met Baroqueswing vol. 2. Die groep bestaan uit Charl du Plessis (klavier), Werner Spies (bas) en Hugo Radyn (tromme) As een van die unieke Suid-Afrikaanse ensembles het die Trio bygedra tot die gewildheid van [...]

R100 – R130

Sing! Suid Afrikaanse Lied

Die internasionaal bekende Duitse koorleier, Martin Berger het met die Stellenbosch Universiteiet se Kamerkoor die konsep “Afrikaanse lied” geherdefinieer deur die kombinasie van tradisie en hedendaagse video-ondersteuning. Sodoende word ‘n nostalgiese viering van die Arikaanse lied bewerkstellig. Die uitvoering vind plaas op Saterdag 11 Maart om 20h00 in die Endlersaal.

R100 – R130

Megan-Geoffrey Prins Klavieruitvoering

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Die Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks stel u graag voor aan die Suid-Afrikaanse pianis Megan-Geoffrey Prins. Prins is verteenwoordigend van die belangrikste van die jongergeslag Suid-Afrikaanse konsertpianiste. Sy indrukwekkende verhoogpersoonlikheid en suksesse by verskillende kompetisies het hom reeds wye bekendheid besorg as ‘n pianis met uitnemende tegniese vaardighede en oorweldigende musikaliteit. . Die [...]

R100 – R130

The Last Rose of Summer

Ná meer as ’n dekade sedert hulle laaste optrede as duo, bied die Stellenbosse musici Hanneke Zwamborn (klavier) en Diederick Basson (orrel) ’n nuwe program van musiek vir klavier en orrel aan, wat musiek uit meer as drie eeue sal insluit. Na gevorderde studies onder Jan Wijn aan die Sweelinck Konservatorium in Amsterdam het Hanneke [...]

R100 – R130

Palisandertaal

Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South Africa

Om te “palissander” is “om gevoelvol in eenvoudige taal met ’n ondergrond van weemoed te dig” (Versreise, 2001, Tafelberg). In Palissandertaal kan jy luister na Arnold van Wyk se “Die Ou Paradys” (’n siklus van Leipoldt-toonsettings), asook verskeie toonsettings van Boerneef-verse en ander Afrikaanse digters deur Suid-Afrikaanse komponiste soos Hendrik Hofmeyr, Pieter de Villiers en [...]

R100 – R120