The Last Rose of Summer
Ná meer as ’n dekade sedert hulle laaste optrede as duo, bied die Stellenbosse musici Hanneke Zwamborn (klavier) en Diederick Basson (orrel) ’n nuwe program van musiek vir klavier en orrel aan, wat musiek uit meer as drie eeue sal insluit. Na gevorderde studies onder Jan Wijn aan die Sweelinck Konservatorium in Amsterdam het Hanneke [...]
Palisandertaal
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaOm te “palissander” is “om gevoelvol in eenvoudige taal met ’n ondergrond van weemoed te dig” (Versreise, 2001, Tafelberg). In Palissandertaal kan jy luister na Arnold van Wyk se “Die Ou Paradys” (’n siklus van Leipoldt-toonsettings), asook verskeie toonsettings van Boerneef-verse en ander Afrikaanse digters deur Suid-Afrikaanse komponiste soos Hendrik Hofmeyr, Pieter de Villiers en [...]
Andrey Baranov (viool) & Maria Baranova (klavier)
Andrey Baranov (viool) en sy suster Maria Baranova (klavier) is konsertgaste van die Endler Konsertreeks, op Vrydag 24 Maart om 20h00 in die Endlersaal, Stellenbosch. Baranov is die wenner van die Koningin Elisabeth Vioolkompetisie van 2012, en van die Benjamin Britten en Henri Marteau Internasionale Kompetisies. Sedrt sy debuut in 2005 met die St. Petersburg [...]
Messiah met Canticum Novum & Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Endler Konsertreeks bied op Saterdag 1 April (om 20h00) en Sondag 2 April (om 16h30) Händel se oratorium Messiah aan. Beide uitvoerings vind plaas in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koorvereniging Canticum Novum voer hierdie gewilde werk uit saam met die University van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO), onder die leiding van Louis van der Watt. [...]
Messiah met Canticum Novum & Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes
Die Endler Konsertreeks bied op Saterdag 1 April (om 20h00) en Sondag 2 April (om 16h30) Händel se oratorium Messiah aan. Beide uitvoerings vind plaas in die Endlersaal, Stellenbosch. Die koorvereniging Canticum Novum voer hierdie gewilde werk uit saam met die University van Stellenbosch se Simfonieorkes (USSO), onder die leiding van Louis van der Watt. [...]
Drie Dames bied aan…Klassieke Collage
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Endlersaal Konsertreeks se jaarlikse fondsinsamelingskonsert Klassieke Collage vind plaas op Vrydag 7 April om 20h00 in die Endlersaal. Vanjaar sal die sangdosente van die Muiekdepartement die gasvroue wees, met die tema Drie Dames bied aan... Ons nooi u om deel te hê aan ‘n aand van opera-gunstelinge en musicals, saam met Minette du [...]
Rising Stars Jacqueline Martens (viool) & Sulayman Human (klavier)
Die Endler Konsertreeks bied met trots aan die jongergeslag kunstenaars Jacqueline Martens (viool) en Sulayman Human (klavier) op Dinsdag 18 April om 20h00 in die Endlersaal. Suid-Afrikaner Jacqueline Martens speel reeds sedert haar vyfde jaar viool. Sy is tans ‘n vierdejaarstudent aan die Royal College of Music, Londen, waar sy ook beoog om aanstaande jaar [...]
Brandenburg Stryktrio
Die Brandenburg Stryktrio tree op Sondag 23 April om 16h30 in die Endlersaal, Stellenbosch op as deel van die Endler Konsertreeks. Die Trio is in 2014 gestig, en bestaan uit die Suid-Afrikaanse violis Avigail Bushakevitz, die Duitse altviolis Ernst-Martin Schmidt en die Spaanse tjellis Andrea Casarrubios. Avigail Bushakevitz is ‘n bekende in Suid-Afrika, en het [...]
Band Extravaganza met Universiteit Stellenbosch Simfoniese Blaas Ensemble
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaAs deel van die Endler Konsertreeks is die Universiteit van Stellenbosch se Simfoniese Blasersensemble (USSB) weer aan die beurt met hulle jaarlikse Band Extravaganza, op Vrydag 5 Mei, om 20h00. Dié geleentheid, wat aangebied word in samewerking met gemeenskapsvennote is gewy aan ‘n aandprogram met verskillende ensemble-kombinasies. Die gewilde Weskaapse mars-idioom, gekoppel aan die Suid-Afrikaanse [...]
Stellenbosch Universiteitskoor
Die Endler Konsertreeks bied u met trots die Stellenbosch Universiteitskoor op Saterdag 6 Mei om 20h00 en Sondag 7 Mei om 16h30 in die Endlersaal. Die koor sal ook by hierdie geleentheid hulle onlangs opname-album (met die titel Shadows and Wings) bekendstel. Die Universiteitskoor is een van die oudste en mees gevierde kore in die [...]