Kaap, Mzanzi & Beyond – Libertaskoor
Die aanbieding met die titel Kaap, Mzansi and Beyond het 'n sterk eg-Kaapse inslag, en sluit ook besoeke aan die res van ons land en daar buite in. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder 'n keurspel District 6: The Musical, deur Camillo Lombard, Pacific Express se I hear music deur Ramon Alexander, [...]
Grobler en Martens Trio
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeDie bekende en gewilde plaaslike musici verbonde aan die Universiteit se Musiekdepartement, pianis Pieter Grobler, violis Suzanne Martens en tjellis Peter Martens, sal klaviertrios van Debussy, Schumann en Sjostakowitsj uitvoer. Die Trio het sy ontstaan te danke aan die Woordfees 2017, met die taak om kamermusiek van die hoogste gehalte te lewer. Sjostakowitsj se eerste [...]
Pioniers
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaPioniers is ‘n lieduitvoering ter viering van die Afrikaanse taal en digkuns, deur werke van pioniers wat met musikale poësie die Afrikaanse lied as kunsvorm gevestig het. Gehore ontmoet drie generasies van onbetwisbare Pioniers - S. Le Roux Marais, Arnold van Wyk en Hendrik Hofmeyr - en word gelei in ‘n ontdekkingsreis van die Afrikaanse [...]
Hendrik Hofmeyr 60
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeHendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bekendste komponiste. Ter viering van sy 60ste verjaardag kom musici soos Jolene McCleland (mezzo-sopraan), die Odeion Strykkwartet, Anmari van der Westhuizen (tjello), Suzanne Martens (viool) en Elna van der Merwe (klavier) byeen vir ‘n uitvoering van Hofmeyr-kamermusiek. As ‘n ervare liedkomponis is dit gepas dat sy Of Darkness [...]
Die Kruisiging
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaTen spyte van `n opbloei van gewyde musiek oor `n taamlik wye spektrum in Suid-Afrika gedurende die laaste paar dekades, is `n toonsetting van die lydensgeskiedenis van Jesus Christus in Afrikaans nog nie aangepak nie. Met Die Kruisiging probeer Winfried Lüdemann hierdie leemte op `n beskeie wyse vul. Die Kruisiging is `n toonsetting van die [...]
Raffaele Trevisani (fluit) & Paola Girardi (klavier)
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeDie Italiaanse fluitis Raffaele Trevisani is een van die min leerlinge van Sir James Galway. Trevisani se goue fluit, tesame met pianis Paila Girardi se ondersteunende musikale sensitiwiteit is waarborge vir ‘n fassinerende reis deur ‘n repertoire wat toehespits is op die fluit as soloinstrument. Die program sluit in Corelli se La Folia-variasies, Poulenc se fluitsonate. [...]
Moments in a Life
Die Suid-Afrikaanse anti-apartheidsaktivis en politieke ikoon Denis Goldberg sal sy lewensverhaal vertel in ’n nuwe komposisie deur die Suid-Afrikaanse komponis Matthijs van Dijk. Goldberg is in 1933 gebore en het in ’n huis grootgeword wat toegewy was aan teenstand teen apartheid. Hy was betrokke by die Kongres van die Mense en die ontwikkeling van [...]
Reflecting the Seasons
Die Trio is een van die bekendste internasionale ensembles, soos gebaseer op hulle verstommende vaardighede. Hulle improvisasies is ‘n ware trekpleister, met ‘n repertoire wat strek vanaf klassieke musiek tot “sigeuner”-jazz in die styl van Stefan Grappelli. Die bekroonde violis Tim Kliphuis word bygestaan deur ghitaar-spesialis Nigel Clark en basspeler Roy Percy. Die uitvoering [...]
Dizu Plaatjies en Ibuyambo
Op 7 Maart om 20h00 bied die Woordfees in samewerking met die Endler Konsertreeks die kombinasie Dizu Plaatjies en Ibuyambo. Tydens dieselfde konsert stel hulle ook hulle SAMA-bekroonde album Ubuntu – the common string vry. Ibuyambo het die plaaslike musiektoneel aangenaam verrras het met sy tradisionele en neo-tradisionele klanke, alles byeengebring deur orkesleier Dizu Plaatjies [...]
Dancing on Glass
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDancing on Glass is ‘n ko-produksie tussen die Odeion Strykkwartet en die Kaapstadse Dance for All-groep, waarby die media van strykkwartet en gechoreografeerde dans treffend byeengebring word op die basis van Philip Glass se minimalistiese musiek vir strykers. Ander musiek wat by geleentheid gehoor sal word, is Vierde Dans - uit die Suid-Afrikaner Kevin Volans [...]