Zanta Hofmeyr (viool) & Elna van der Merwe (klavier)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie Suid-Afrikaanse violis Zanta Hofmeyr het opleiding aan die prestigeryke Juilliard musiekskool ontvang. Saam met pianis Elna van der Merwe wy hulle ‘n aand aan Franse vioolsonates, nl. dié van Debussy, Poulenc en Saint-Saëns. By dieselfde geleentheid word ook die cd-opname met hierdie werke – wat vooraf in die Endlersaal opgeneem is – bekendgestel. Die [...]
Winand Grundling (orrel)
Die bekende plaaslike orrelis Winand Grundling se bydrae is ‘n gevarieerde program wat geïnspireer is deur Sebastian Bach se destydse wandeling van 400 kilometer – vanaf Arnstadt na Lübeck – ten einde die destyds beroemde orrelis Dietrich Buxtehude te kon hoor. Winand is het sy opleiding (BMus Hons cum laude) aan die Universiteit van Stellenbosch [...]
Derek Gripper (ghitaar)
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeDie Kaapstadse ghitaris Derek Gripper se musiek spruit voort uit verskillende bronne. Benewens Europese tradisies is daar ook elemente van avant-garde Brasiliaanse musiek, die Kora-repertoire uit Mali, Kaapse volksmusiek, en Indiese “klassieke” musiek. Gripper se onlangse navorsing oor die werk van Mali se kora-spelers het gelei tot wat Gripper beskryf as ‘n nuwe ghitaar-genre, gebaseer [...]
Hemp van Vlam
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeShirt of Fire / Hemp van Vlam, is ‘n verhoogstuk uit die pen van Pieter Cilliers, is ‘n enkel-akteur opera, met as tema die kuns en poësie van die gevierde vrouedigter Sheila Cussons. Twaalf gedigte uit Cussons se lewenswerk vertel die verhaal, met musiek van Hendrik Hofmeyr – tans hoof van Musiekteorie en Komposisie aan [...]
USSO & Raffaele Trevisani (fluit)
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaDie resident-dirigent van die Stellenbosch Simfonieorkes (USSO), Corvin Matei lei die orkes in ‘n program saam met die fluitis Raffaele Trevisani. Trevisani was ‘n student van Sir James Galway wat hom beskryf as "...een van die beste moderne fluitsoliste, vanweë sy voortreflike sangerige klank, volmaakte tegniek en toewyding aan die musikale kuns .". Hierdie konsert [...]
Blondes & Bs
Endler Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaVernuftige tweeklavier-keurspele deur die gewilde Blondes, Elna van der Merwe (klavier) en Zorada Temmingh (klavier) met geliefde Klassieke melodieë van Brahms (orkes-, en klavierwerke), Bizet (Carmen) en Bernstein (West Side Story), en aan die ligter kant gewilde treffers van The Beach Boys (Good Vibrations), die Bee Gees (Words, First of May) en Barbra Streisand (The [...]
Kaap, Mzanzi & Beyond – Libertaskoor
Die aanbieding met die titel Kaap, Mzansi and Beyond het 'n sterk eg-Kaapse inslag, en sluit ook besoeke aan die res van ons land en daar buite in. Verskeie opdragverwerkings word vir die eerste maal uitgevoer, waaronder 'n keurspel District 6: The Musical, deur Camillo Lombard, Pacific Express se I hear music deur Ramon Alexander, [...]
Grobler en Martens Trio
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeDie bekende en gewilde plaaslike musici verbonde aan die Universiteit se Musiekdepartement, pianis Pieter Grobler, violis Suzanne Martens en tjellis Peter Martens, sal klaviertrios van Debussy, Schumann en Sjostakowitsj uitvoer. Die Trio het sy ontstaan te danke aan die Woordfees 2017, met die taak om kamermusiek van die hoogste gehalte te lewer. Sjostakowitsj se eerste [...]
Pioniers
Fismersaal cnr. Victoria and Neethling Street, Stellenbosch, Western Cape, South AfricaPioniers is ‘n lieduitvoering ter viering van die Afrikaanse taal en digkuns, deur werke van pioniers wat met musikale poësie die Afrikaanse lied as kunsvorm gevestig het. Gehore ontmoet drie generasies van onbetwisbare Pioniers - S. Le Roux Marais, Arnold van Wyk en Hendrik Hofmeyr - en word gelei in ‘n ontdekkingsreis van die Afrikaanse [...]
Hendrik Hofmeyr 60
Fismer Hall cnr. Victoria and Neethling Street, Konservatorium, Stellenbosch, Western CapeHendrik Hofmeyr is een van Suid-Afrika se bekendste komponiste. Ter viering van sy 60ste verjaardag kom musici soos Jolene McCleland (mezzo-sopraan), die Odeion Strykkwartet, Anmari van der Westhuizen (tjello), Suzanne Martens (viool) en Elna van der Merwe (klavier) byeen vir ‘n uitvoering van Hofmeyr-kamermusiek. As ‘n ervare liedkomponis is dit gepas dat sy Of Darkness [...]