Die Kaapstadse Kamermusiekprojek is in die lewe geroep deur ‘n groep plaaslike musici, wat onlangs met hulle konsertreeks in en om Kaapstad begin het. Summer Nights is reeds hulle tweede projek, en is geïnspireer deur die musiek self wat hulle vir dié konserte beoog. Een so ‘n werk is Barber se Summer Music vir houtblaaskwintet. [...]
Hierdie konsert word opgedra aan wyle Peter Klatzow (oorlede Desember 2021), een van Suid-Afrika se mees gevierde toonkunstenaars. Die Tjellosonate is ‘n liriese werk, wat ‘n spesiale bydrae maak tot die plaaslike literatuur vir die tjello. Die program bevat ook ‘n tjellotranskripsie van Beethoven self, van sy Horingsonate, op. 17, wat vir die destydse bekende [...]
Skoonheid in variasie, variasie in skoonheid Prof Nina Schumann, hoof van die klavierafdeling aan die musiekdepartement van die Universiteit van Stellenbosch, en artistieke direkteur van die Stellenbosch Internasionale Kamermusiekfees, het geen bekendstelling nodig vir Wes-Kaapse gehore nie. Sy identifiseer hierdie soloprogram as Skoonheid in variasie, variasie in skoonheid , en het vir dié doel ‘n [...]
Die Endler Konsertreeks bring graag onder jou aandag: sopraan Paulina Malefane in konsert saam met pianis José Dias op Vrydag 4 Maart om 7 nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Paulina Malefane het in 2005 bekendheid verwerf met die produksie U-Carmen eKhayelitsha – ‘n aanpassing van Bizet se Carmen – wat sy geskep, afgerig en die [...]