In Januarie 2022 het die bekroonde koordirigent André van der Merwe met ‘n nuwe koor begin, Voces Cordis, wat bestaan uit alumni van vorige en huidige kore – Pro Cantu Jeugkoor, SA Jeugkoor, Stellenberg Meisieskoor, en die Universiteitskoor. Na twee afwesige koorjare verwelkom die Endler Konsertreeks hulle terug in die Endlersaal se koorkraal! Kaartjies teen [...]
Die Jeugvieringskonsert stel jong kunstenaars voor: Megan-Geoffrey Prins (klavier), Lisa van Wyk (fluit) en David Cyster (klarinet) in ‘n program wat Mozart se Fluitkwartet, K. 285, Beethoven se Trio, op. 11 (Gassenhauer) vir klarinet, tjello en klavier, asook Schumann se klavierkwartet, Op. 47 sal insluit. Die trio, Suzanne Martens (viool), Karin Gaertner (altviool) en Peter [...]
Sopraan Lauren Dasappa, tenoor Xander Kritzinger, en pianis Hanneke Zwamborn-Basson bied ‘n aandprogram van Brahms-liedere aan, wat ons kollektiewe menslikheid verklank. Hierbenewens ook die eerste uitvoering van ‘n versameling van 10 Afrikaanse volksliedjies, verwerk deur Xander Kritzinger. Dasappa interpreteer opera- en oratoriumwerke, en en is ook nou betrokke by die bewusmaking van klassieke Afrika-musiek. Kritzinger [...]
Die Universieit se Simfoniese Blaasensemble bied weer eens hulle Band Extravaganza as deel van die Endler Konsertreeks. Die jaarlikse Extravaganza, in samewerking met gemeenskapsvennote, bied ‘n namiddag van ‘n verskeidenheid musiek deur ensembles van blaas- en perkussie-instrumente. Die parade- en gemeenskapsensembles – algemeen bekend in die Wes-Kaap – en die Suid-Afrikaanse erfenis van veldorkeste was [...]
Die sangafdeling van die Universiteit sal ‘n program van opera-hoogtepunte aanbied, wat operas soos Bizet se Carmen, Puccini se Madama Butterfly, Verdi se Nabucco, Gounod se Faust, en etlike ander sal insluit. Die produksie geskied onder die leiding van Minette du Toit-Pearce, met begeleiding verskaf deur Winand Grundling. Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (pensioenarisse, [...]