Die sangafdeling van die Universiteit sal ‘n program van opera-hoogtepunte aanbied, wat operas soos Bizet se Carmen, Puccini se Madama Butterfly, Verdi se Nabucco, Gounod se Faust, en etlike ander sal insluit. Die produksie geskied onder die leiding van Minette du Toit-Pearce, met begeleiding verskaf deur Winand Grundling. Kaartjies teen R120 (gewoon) en R80 (pensioenarisse, [...]
Die Endler Konsertreeks bied graag aan: die Universiteit van Stellenbosch Simfonie-orkes (USSO) onder die stok van die internasionaal bekende Belgiese dirigent, Rik Ghesquière, op Saterdag 17 September om 8nm in die Endlersaal, Stellenbosch. Die eerste deel van die konsert word gewy aan die musiek van Tsjaikofski, wat deur kollega-komponis Mili Balakirjef aangevuur is tot die [...]
In ooreenstemming met die laaste 20 jaar se samewerking tussen die Klavierafdelings van die Universiteit van Stellenbosch en die Kaapstadse Musiekkollege is dit weer tyd vir die jaarlikse “Klavier-uitruilingskonsert”. Die 2022-program sal veral op Spaanse klaviermusiek konsentreer. Konserte vind plaas op Donderdag 15 September om 7.30 nm in die Baxter Konsertsaal, en Woensdag 21 September [...]
Die Schola Cantorum, saam met die Universiteit se Camerata (onder leiding van Suzanne Martens) en dirigent Martin Berger bied ‘n program aan gewy aan werke van Felix Mendelssohn-Bartholdy.
As deel van die Endler Konsertreeks word die finale ronde van die Universiteit se Nasionale Ensemble-kompetisie as konsert aangebied. Die kompetisie is oop vir alle gemeenskaps-, skool- en universiteitsensembles. Daar is twee kategorieë: Skoolkategorie (12-18 jaar) en Ope kategorie (19-27 jaar). Die kompetisie se doelwit is die daarstelling van kompetisiegeleenthede vir skoliere en studente, in [...]