Ervaar die kunstenaarskap van die pianis Luis Magalhães wanneer hy die Endler verhoog betree vir 'n boeiende klavieruitvoering van tydlose komposisies deur Mozart, Beethoven, Debussy en Prokofiëf. Terwyl hulle in verskillende tydperke geleef het en in unieke style gekompineer het, is daar tog verbande en invloede wat geidentifiseer kan word. Meesters van Musikale Evolusie - Hemelse [...]
Die 2023 USSO Jeug Concerto-fees word weer op 8 September in die Endler gehou. Jong soliste wat suksesvol oudisies afgelê het om by hierdie fees op te tree, sal saam met die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) speel onder leiding van prof. Corvin Matei, wat ook vanjaar sy 70ste verjaardag vier. Die Fees, wat tradisioneel elke [...]
Babette Roosenschoon (tjello) en Esthea Kruger (klavier) bring musiek deur vroulike komponiste vir die tjello en klavier na die verhoog. Hierdie liriese werke, wat meestal romantiese komposisies bevat, is deur vroulike tydgenote van onder andere Brahms en Mendelssohn geskryf, maar is veel minder uitgevoer as gevolg van geslagsongelykheid, en word vandag steeds selde op die konsertverhoog [...]