Besiel deur 'n gedeelde liefde en entoesiasme vir kamermusiek van die hoogste gehalte, het vier Kaapstad-gebaseerde instrumentaliste hul ervaring en passie saamgespan in die Juliet-strykkwartet. Die kwartet, wat in 2014 gestig is, se huidige lede is die violiste Annien Shaw en Matthew Stead, die altviolis Remi Ludick en die tjellis Babette Roosenschoon. Die uitvoering sal werke van Haydn, [...]
onder leiding van André van der Merwe Die US Koor is een van Suid-Afrika se mees prysbekroonde kulturele skatte. Die wêreld se gehore word bekoor deur die energie, talent en musikaliteit van hierdie studentekoor. Hierdie program bring kultuurskatte van reg oor die wêreld na die Endlerverhoog. Gehore kan hulle regmaak vir ’n program propvol nuwe koorkomposisies en -verwerkings, [...]
Die Universiteit Stellenbosch Kamerkoor is in 2014 deur Dr Martin Berger gestig, en vanjaar is die koor se 10de bestaansjaar. Die USKK gaan werke van 'n verskeidenheid van komponiste uitvoer, oud en nuut sowel as plaaslik en uit die buiteland, waaronder Os Justi (Anton Bruckner), Loof die Here (Pieter van der Westhuizen), Gebed aan die [...]