Die Universiteit Stellenbosch Sangafdeling bied weer hierdie jaar hul gewilde “Opera Gala” aan op 30 Augustus. Die program sluit bekende arias en ensembles uit geliefde operas soos Bizet se Carmen, Le Nozze di Figaro en Don Giovanni van Mozart, asook La Bohème van Puccini in. Kore uit operas soos Verdi se Nabucco, I Pagliacci van Leoncavallo en Die Zauberflöte van Mozart word ook uitgevoer, om die indrukwekkende stemme van die afdeling se jong sangers ten [...]
Sluit by ons aan vir 'n spesiale musiekkonsert deur die Palissander-koor ter ondersteuning van #Action4Inclusion, gelei deur gewaardeerde advokaat en maatskaplike geregtigheid-kampioen, prof Thuli Madonsela. Die #Action4Inclusion skarebefondsingsinisiatief is 'n sleutelkomponent van die Universiteit se Bridge the Gap-jaarfonds, en 'n topprioriteit vir die US. Dit is 'n deurslaggewende stap om studenteskuld te beëindig en studente [...]
Wes-Kaapse liefhebbers van orkesmusiek sal Vrydag 6 September om 19:00 in die Endlersaal, Stellenbosch, die internasionaal bekroonde kontrabasspeler en dirigent, Leon Bosch, op die podium in Stellenbosch kan ervaar. Maestro Bosch sal die Universiteit Stellenbosch Simfonieorkes (USSO) dirigeer tydens hul tweede simfoniekonsert van 2024. Die program bestaanuit Glinka se sprankelende Ruslan en Ludmilla-ouverture, gevolg deur WA [...]
Die 2de jaarlikse Simposium van Suid-Afrikaanse Komponiste (SoSAC) vind plaas van 9-13 September by die US Konservatorium in Stellenbosch. Hierdie unieke geleentheid bring komponiste, musiekskeppers, klankkunstenaars, en opvoeders bymekaar om kontemporêre Suid-Afrikaanse musiek oor 'n wye verskeidenheid van genres te deel en te vier. Dit is tans die enigste gebeurtenis van sy soort in die land, en [...]
Her Flute Space vertoon vier komposisies vir fluit(e) deur kontemporêre vrouekomponiste Lize Briel, Elizabeth Brown, Clare Loveday en veteraan-baanbreker komponis, Thea Musgrave. Hierdie fluitwerke verken akoestiese klank wat deur verskeie ruimtes beweeg. Die program spoor ’n mens aan om akoestiek as ’n argitektoniese “boog” (Brown), die konsertsaal as ’n duetmaat (Briel), die Onderwêreld as klankkapsule [...]
Die jaarlikse Hubert van der Spuy Nasionale Musiekkompetisie, nou in sy 35ste bestaansjaar, het ongetwyfeld een van die hoogtepunte van die SA musiekkalender vir die jongste uitskieters geword. Die kompetisie is die breinkind van professor Hubert van der Spuy, voormalige voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Musiekonderwysers (Tygerberg-tak), en ‘n legendariese SA musiekopvoeder. Die US [...]
Maak gereed vir 'n onvergeetlike aand by die SU / UCT Big Band Blast! Hierdie dubbele Big Band-extravaganza, met die bands van die Universiteit Stellenbosch (olv Pascal Haas) en die Universiteit Kaapstad (olv Amanda Tiffin) beloof 'n aand propvol uitstaande jazz. Die program bevat 'n keurspel van SA jazz wat ons kultuur en unieke musikale erfenis vier. Benewens die viering van big band-musiek, bied hierdie vertoning ook 'n geleentheid om [...]