Loading Events
  • This event has passed.

Liefhebbers van klaviermusiek word uitgenooi om ‘n aand van uitmuntende en diverse klavierspel in die Endler te geniet. Gerhard Joubert (klassiek) en Brathew van Schalkwyk (jazz), twee van Suid-Afrika se top jong pianiste, albei wenners van hul onderskeie kategorieë by die 2023 UNISA Nasionale Klavierkompetisie, sal die gehoor bekoor met hul begeesterde interpretasies van klassieke en jazz-klavierwerke, insluitend verskeie Suid-Afrikaanse komposisies.

Share This Story, Choose Your Platform!