Loading Events
  • This event has passed.

Die Italiaans-gebore pianis Antonio Pompa-Baldi tree op Vrydag 25 Mei om 20:00 op in die Prestige-reeks van die Endler Konsertreeks in die die Endlersaal, Stellenbosch.

Pompa-Baldi is ‘n pryswenner van etlike internasional kompetisies, soos die Marguerite Long-Jacques Thibaud Kompetisie in Parys (1998), ‘n silwermedalje by die Van Cliburn-kompetisie (2001). Hy is ‘n bekende op Suid-Afrikaanse en internasionale verhoë. Hy het reeds op al vyf kontinente opgetree, in die wereld se bekendste konsertlokale, soos York se Carnegie Hall, Cleveland se Severance Hall, die Sala Verdi in Milan, in Shanghai en Boston, Londen, Rome, Tokio, Seoul, Auckland, Houston, Los Angeles, Philadelphia, Kiev, Hong Kong, Beijing, Johannesburg en Kaapstad.

Hoogtepunte op sy program is ‘n klavierweergawe van die Vyf Franse Liedere, in sigself die resultaat van ’n sonderlinge samewerking tussen Francis Poulenc en die legendariese kabaretsangeres Edith Piaf. Pompa-Baldi se uitvoering hiervan is ‘n waardevolle heriinering aan hierdie ikone van die middel-20ste eeu. Ander werke op die program is Hummel se klaviersonate, op.13,  Chabrier’s Bourrée Fantasque en Roberto Piana se Improvisasies op Napelse volksliedere.

Kaartjies teen R160 (gewoon) en R120 (pensioenarisse en studente) is tans beskikbaar by Computicket, en by die deur. Vir verdere inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!