Loading Events
  • This event has passed.

Die Endler Konsertreeks en KOMPOS bied graag ‘n uitvoering aan op Vrydag 18 Mei om 20h00 by die Fismersaal. KOMPOS is ‘n gevestigde projek van die komposisie-afdeling wat ten doel het om nuwe komposisies deur jong komponiste aan gehore bekend te stel in ‘n toeganklike konsertomgewing. Studente van die SU komposisie-afdeling geniet reeds erkenning op plaaslike en internasionale vlak, en hierdie uitvoering beloof om ‘n opwindende ervaring te wees.

Die program vir hierdie konsert sluit opwindende nuwe werke in vir soloklavier, met Grethe Nothling as gaskunstenaar. Grethe het haar meestersgraad in musiek voltooi by die Cleveland Institute of Music (2008), en haar doktorsgraad in uitvoerende kunste by die universiteit van Iowa (2014). Sy is onlangs as klavierdosent by UK se Musiekkollege aangestel .

Die konsert sal ‘n informele gesprek insluit rondom die komposisies, en hier sal gehoorlede ‘n kans kry om meer te wete te kom oor ndie gedagtes en prosesse wat komponiste volg in hulle kreatiewe werk, asook die soms verrassende uitdagings wat nuwe musiek stel aan die uitvoerder.

Kaartjies vir R60 (gewoon) en R40 (studente en pensioenarisse) is tans beskikbaar by Computicket en by die deur een uur voor die konsert.

Vir meer inligting skakel met Fiona Grayer by concerts@sun.ac.za of 021 808 2358.

Share This Story, Choose Your Platform!